Gilgamesh en spiritualiteit

  • 0

Gilgamesh sê hy lewe ’n oplossing wat die lewe effens meer aangenaam vir hom as ateïs maak, behalwe nou as hy kwaad word vir my. Nou wonder ’n mens, só tussen al die gelowiges heen, waarom sou hy nou juis vir mý kwaad word? Maar ons wonder nie lank nie. Ek is seker maar een wat vir hom telkens uitwys dat hy in selfbedrog lewe, daardie sogenaamde ’oplossing’ waarvan hy praat. En, omdat hy nie bereid is om diep te besin oor wat ek skrywe nie, word hy natuurlik kwaad – vir die onvolwasse emosionele, ’n baie ’normale’ reaksie.

Hy vergelyk immers self ateïste se gesanik oor God met ’n onvolwasse tiener wat een van sy ouers haat… in die kol! Die HERE ís ’n ouer vir ons mense (Hy is ons Vader, ons Verlosser) en die duiwel verpes dit. Die duiwel, die satan, is ’n rebel en het die HERE se kinders van Hom weggerokkel, baie soos hy met Adam en Eva op ’n tyd gedoen het. Die duiwel vertel vir hulle om te rebelleer, dat hulle sonder die HERE kan klaarkom en self kan vermag wat die HERE normaalweg vir hulle mee sou seën, nes die duiwel met Adam en Eva gedoen het. Net, die duiwel het intussen sy strategie baie verfyn. Die selfdesepsie waarin hy dié mense laat verval, het skaars ’n gelyke.

En dit alles gaan oor spiritualiteit – die duiwel laat hulle verstaan dat daar nie soiets is nie. Kyk maar na Angus se geploeter daarmee, Wouter se pogings om dit weg te intellektualiseer en natuurlik Gilgamesh se persoonlike ’grand solution’, ens.

Kyk na Gilgamesh se konstrukte – kunsmatige denke waardeur hy spiritualiteit probeer afmaak as iets waarvoor daar nie (in sý beperkte gemoed) ’regverdiging’ sou wees nie. Regverdiging? Spiritualiteit het bestaan nog voordat enige ateïs die lig gesien het. Ateïsme is ’n relatief moderne siekte. Dié van gevorderde psigotiese selfdesepsie. Iemand het eenkeer gesê die dilemma van die ateïs manifesteer alreeds in die klein dingetjies van die lewe… as hy wil danksegging doen vir iets buite sy eie vermagting waaroor hy dankbaar voel, vind hy dat hy niemand het om dit teenoor te betuig nie… en só word sy wêreld gestroop van die werklike waardevolle dinge van die lewe. Waarom sou enigiemand iets wat veel groeter is as hyself, waaraan hy geen aandeel had in die totstandkoming, bestaan of voortsetting daarvan, regverdiging voor soek? Hoe waansinnig en aanmatigend. En as hy dan weens sy eie subjektiewe gebreke (waarvan insigloosheid en onkunde waarskynlik die geringste is) nie die ’regverdiging’ kan vind nie, dan maak hy vir homself asof dit en bestaan nie – daardie gewraakte selfdesepsie, ’n psigose met vernietigende persoonlike werking. Wat is die regverdiging vir die ateïs se eie bestaan? Kan mens nou redeneer dat hy nie bestaan nie, omdat jy nie die regverdiging vir sy sinnelose lewe kan insien nie?

Só bestaan Spiritualiteit al sedert die skepping van die mensdom, ongeag enigiets, veral ongeag die arme ateïs se ontkenning daarvan, maar bestaan as bokant die begripsvermoë van die ateïs, met sy beperkte insig daaromtrent.

C.S. Lewis het eenmaal gesê “. . . Atheism turns out to be too simple. If the whole universe has no meaning, we should have never found out that it has no meaning: Just as, if there were no light in the universe and therefore no creatures with eyes, we should never know it was dark. ’Dark’ would be without meaning …” en met verwysing na die komplekse skepping “The best reply to an atheist is to give him a good dinner and ask him if he believes there is a chef who prepared it”, wetende hy het die sjef nie gesien nie, maar tóg die resultaat van die sjef se handwerk.

Die digter Robert Browning som in sy gedig oor selfvoldane die jong ateïs, dié se inherente en onderliggende vertwyfeling op:

“Just when we are safest, there’s a sunset-touch,
A fancy from a flower-bell, someone’s death,
A chorus-ending from Euripides.
And that’s enough for fifty hopes and fears;
The Grand Perhaps…”

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top