Akademia is nuwe, hoofsaaklik virtuele universiteit, met 'n kampus in Orania.
Die Dakar-albatrosse het skielik wakker geword en hul was leiers net van hul eie retro-idees. Eikebome kan groei langs die Oranjerivier ... Selfs 'n paar doringboompies.
Ons het geoffer wat gevra was, is hulle nou bereid om te offer vir hul taal, Afrikaans, as pioniers? Pioniers weet hul offer baie op, vir die toekoms. Daar is 'n wynkelder op Douglas, naby Orania.
Laat ons sien wie is dié wat erns maak van hul taal en nie taal as middel tot persoonlike welvaart nie.



Kommentaar
Daar het jy dit weer! Dit moet wees: Gewone mense WAT nie ...
Dit het niks met biologiese of grammatikale geslag te make soos jy al voorheen gedink het nie.
In Afrikaans maak ons onderskeid tussen menslik en nie-menslik. Die man wat daar loop, is my oom. Die tafel waarop ek sit is stukkend.
Met voorsetsels: Die meisie aan wie hy skryf ... die man op wie ek vertrou ... die regter voor wie hy moet getuig ens.
Dan ook as vraagwoord: Wie dink jy, is jy?
Groete,
Angus
Geslagtelikheid? Die, der, das? Menslike vorm? Die man WAT daar loop? Watse man is dit dan, nie-menslike man?
Ek sal WAT as neutervorm beskryf, eerder as nie-menslike ...
Angus, kom ons kom verby die voornaamwoorde en by die inhoud van my briewe. Dit blyk dat jy nie veel opinies het nie, anders as oor taalreëls nie.
Beste Hans,
Die woord ‘wat’ is, soos alle woorde, multifunksioneel. Dit kan bv in Afrikaans optree as betreklike voornaamwoord by gode, mense, diere, plante, vlooie, tafels, stoele, die hele boksemdais.
Gaan lees jou Bybel. Daar staan: “ Ons Vader wat in die hemel is ...” Verder hoor en sien jy: Die man wat daar loop, is my oom. Die vrou wat die beste kan koek bak, wen die prys. Die tafel wat in die kombuis staan, moet herstel word. Dis vlooie wat die hond so pla .... Dit het niks met neuter, of onsydig of met manlik en vroulik te make nie. In Afrikaans het ons gelukkig ontslae geraak van grammatiese geslag. Dit stink te veel na Duits.
Bogenoemde is natuurlik nie voorskriftelik nie, want grammatika is deskriptief, nie preskriptief nie. Dit kan dus wees dat daar ʼn verskuiwing plaasvind onder Engelse invloed, en mense begin sê: Ons Vader wie in die hemel is ... Die man wie daar loop, is my oom, ens. As daar so ʼn verskuiwing plaasvind, kan niemand iets daaraan doen nie, en grammatici sal dit spoedig ook beskryf.
Menslik en nie-menslik kom in hierdie geval ter sprake wanneer voorsetsels gebruik word, en dan word ‘wie’ gebruik as verwys word na ʼn mens. Die god op wie almal vertrou, is onsigbaar. Die man van wie geskinder word, is doof. Die nie-menslike: Die universiteit waarvoor jy jou beywer... Die tafel waarvan die poot af is, moet herstel word. En dan as vraag: Wie se voete stink so? (Want jy weet die oorsaak is menslik.) Andersins, as jy nie weet nie, of jy weet die oorsaak is nie-menslik: Wat stink so? (Dit het absoluut bokkerol te make met neuter of allerhande sulke twak!)
Gaan lees die volgende: https://www.facebook.com/Taalkommissie/posts/558005940922705
Groete,
Angus