Gewildste gedigte in Afrikaans

  • 3

Moeilik om ‘n keuse van slegs vyf te maak, maar hier volg my lysie:

1. Die Inkvis; Akwaties (uit: die asem wat ekstase is) – Sheila Cussons
2. Die wispelturige uur (uit: ‘n Staning onder sterre) – George Weideman
3. Bloekombome, Strandloper (uit: Die aandag van jou o?) – Petra M?ller
4. Vier gebede by die jaargetye in die Boland (uit: Versamelde gedigte) – N.P. van Wyk Louw
5. rooiborsduif (uit: Lotus) Breyten Breytenbach

Adrie van Eeden

  • 3

Kommentaar

  • Naggeluide
    Soos die sterre lê en wag
    Vir die afbreek van die dag
    Die maan wat insluip in sy prag
    Die honde wat in afwagting wag
    Die rooklose trein sê net nag
    Die dooie stilte wat asem ophou
    En die naggeluide wat saggies opbou
    Tot 'n smeulende gelag
    Wat jou siel meesleur tot laat in die nag
    Dan bars die simfonie los van die lag
    En jubel vir die dag wat verkas
    Naggeluide ontplof met 'n harde slag
    Krieke wat saggies wals oor jou gras
    En hulle viole huil deur die nag
    So het ek gelê en wag
    En elke dag na jou gesmag
    Tot jy jou liefdeslied in my hart volmag
    Bars my siel hele dag met sierlike prag
    Laat my lewe omdat jy my met liefde vermag
    In stilte het ek lank gewag
    Tot jy jou swanesang saggies in my oor besing
    Dan bars ek soos die nag met 'n nuwe begin
    En dit alles is geskep deur die Almagtige se krag

  • jeffrey jaftha

    Dit is nou Goeie Vrydagaand. Dus, dan bars ek soos die nag met 'n nuwe begin. Dui vir my op die nag van Sy kruisdood en die nuwe begin gesimboliseer in die Opstanding. En sowaar dit is ook geskep, alleenlik deur die Almagtige se Krag.

  • Johan van Emmenis

    Die Afrikaanse taal is manjifiek om van geboorte tot die dood die proses van om as Afrikaner jou uit te leef soos die asem is wat in Afrika in geadem word. Dit is ons Afrikaners se alles.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top