Moeilik om ‘n keuse van slegs vyf te maak, maar hier volg my lysie:
1. Die Inkvis; Akwaties (uit: die asem wat ekstase is) – Sheila Cussons
2. Die wispelturige uur (uit: ‘n Staning onder sterre) – George Weideman
3. Bloekombome, Strandloper (uit: Die aandag van jou o?) – Petra M?ller
4. Vier gebede by die jaargetye in die Boland (uit: Versamelde gedigte) – N.P. van Wyk Louw
5. rooiborsduif (uit: Lotus) Breyten Breytenbach
Adrie van Eeden


Kommentaar
Naggeluide
Soos die sterre lê en wag
Vir die afbreek van die dag
Die maan wat insluip in sy prag
Die honde wat in afwagting wag
Die rooklose trein sê net nag
Die dooie stilte wat asem ophou
En die naggeluide wat saggies opbou
Tot 'n smeulende gelag
Wat jou siel meesleur tot laat in die nag
Dan bars die simfonie los van die lag
En jubel vir die dag wat verkas
Naggeluide ontplof met 'n harde slag
Krieke wat saggies wals oor jou gras
En hulle viole huil deur die nag
So het ek gelê en wag
En elke dag na jou gesmag
Tot jy jou liefdeslied in my hart volmag
Bars my siel hele dag met sierlike prag
Laat my lewe omdat jy my met liefde vermag
In stilte het ek lank gewag
Tot jy jou swanesang saggies in my oor besing
Dan bars ek soos die nag met 'n nuwe begin
En dit alles is geskep deur die Almagtige se krag
Dit is nou Goeie Vrydagaand. Dus, dan bars ek soos die nag met 'n nuwe begin. Dui vir my op die nag van Sy kruisdood en die nuwe begin gesimboliseer in die Opstanding. En sowaar dit is ook geskep, alleenlik deur die Almagtige se Krag.
Die Afrikaanse taal is manjifiek om van geboorte tot die dood die proses van om as Afrikaner jou uit te leef soos die asem is wat in Afrika in geadem word. Dit is ons Afrikaners se alles.