glo min Mens Naaste was ’n agent van apartheid,
vir skei, van Mens en Mens, deur “ras” en “klas”,
struktuurgeweld, als wat so Self-destruktief was,
staar Millennium Drie Mens na heel nuwe Stryd
sing gelowiges voor, taamlik trots op hul dissipelskap,
van “Duiwelspiek”, berustend, op Godsvyand se steun,
o lief Aard’, gat Mens mede-Mens nog vir water vertrap,
by kraan, spruit, stroom, fontein, rivier, op Planeet Een
enigste blijfplek, o Aarde, ander planete onbevolk,
sonder vastigheid, woer-woer Mens inne maalkolk,
van verwarring, onkund’-ontkenningskunde-teorie
indien Mens maar net Sý Tekens sou wou vertolk,
te besef, ’s Tyd, Hy’s op pad, op Sy Heilig Wolk,
Déjà Vu, Sekunjalo, Gewete-herwinningspaartie
Jacobus Faasen

