Geweld en beskawing in Afrika

  • 0

Dirkie Smit begin sy hoofartikel in Die Burger (28 Julie, p 12) met: "Vanwaar tog al die geweld, al die ontsettende geweld ... misdaad so alledaags soos brood?" Smit se faam as teoloog berus op die historiese feit dat hy op versoek van Jaap Durand die Belhar-belydenis geformuleer het. Op dieselfde bladsy belig die rubriekskrywer Dawie die ANC se geweldskultuur, wat tot op hede voortgesit word: "'n Ontstellende neiging in die ANC om sy interne struwelinge deur moord en intimidasie te hanteer." Maar dit kom al 'n lang pad en is natuurlik nie tot interne ANC-sake beperk nie: "Moord en intimidasie is nie nuwe wapens in die ANC se arsenaal nie." Ter stawing verwys Dawie na Anthea Jeffrey se boek, People's War (2009). Hy kon met vrug ook na Simon Montefiore se boek, Stalin (2003), verwys het. Geweld is myns insiens die hoofnalatenskap van die veelgeroemde "bevrydingstryd". Nelson Mandela se rol hierin was die van inisieerder en voorloper. Maar ek wil hier die aandag op 'n ander boek vestig wat ongetwyfeld tot die ANC se verslawing aan geweld bygedra het.

Die boek is Frantz Fanon (1925-1961) se klassieke werk, The wretched of the earth (London: Penguin, 2001, 255p), waarna ek onlangs terloops verwys het (SêNet, 12 Julie). Klassieke status kan op beroemdheid of berugtheid dui. In hierdie geval hang dit van 'n mens se politieke oriëntasie af. Op die kampusse van plaaslike universiteite was Fanon se boek in die jare sewentig en tagtig gesog en minstens sommige dosente en studente het die teks gretig gelees. Diegene wat in die sogenaamde bevrydingstryd betrokke was, het toe verkies om Fanon se stellings vir soetkoek op te eet. Die boek het sommige van hulle ongetwyfeld geïnspireer om onwettige dade te pleeg.

Dit is nou moontlik om Fanon se geskrif meer objektief te oorweeg. Die oorspronklike Franse uitgawe is in 1961 gepubliseer. Die Engelse vertaling het in 1965 verskyn, dus nadat Algerië in 1962 onafhanklik verklaar is. Dit lyk redelik om te veronderstel dat Fanon se invloed eers in die jare sewentig plaaslik momentum gekry het. In sy geheel is die boek eintlik 'n loflied vir geweld.

Dekolonialisering is "a murderous and decisive struggle ... [It] can only triumph if we use all means to turn the scale, including, of course, that of violence" (p 28). "This narrow world, strewn with prohibitions, can only be called in question by absolute violence" (p 29). "Impatient violence of the masses is the most efficient means of defending their own interests" (p 49). "It is the intuition of the colonized masses that their liberation must, and can only, be achieved by force" (p 57). "The militant is also a man who works ... To work means to work for the death of the settler" (p 67). "The native's work is to imagine all possible methods for destroying the settler" (p 73). "Violence is a cleaning force. It frees the native from his inferiority complex ... and restores his self-respect" (p 74).

Reeds op die eerste bladsy van die eerste hoofstuk het Fanon politieke rewolusie bepleit: "Decolonization is always a violent phenomenon ... decolonization is quite simply the replacing of a certain 'species' of men by another 'species' of men ... the proof of success lies in a whole social structure being changed from the bottom up. The extraordinary importance of this change is that it is willed, called for, demanded ... Decolonization ... is ... a programme of complete disorder" (p 27).

Fanon se betoog is absoluut eensydig ten gunste van die inheemses, die "natives". Alle ander inwoners word setlaars genoem, al is sommige van hulle al geslagte inwoners van die land. Soms laat Fanon (onbedoeld) waarhede deurskemer: "The settler's ... feet are protected by strong shoes although the streets of his town are clean and even, with no holes or stones. The settler's town ... is always full of good things ... The colonized man is an envious man" (p 30). "The native ... is the corrosive element, destroying all that comes near him" (p 32). "When the native hears a speech about Western culture he pulls out his knife ... the native laughs in mockery when Western values are mentioned" (p 33).

Oor die grondvraagstuk (SêNet, 4 Junie): "The settler owes the fact of his very existence, that is to say his property, to the colonial system" (p 28). "For a colonized people the most essential value, because the most concrete, is first and foremost the land" (p 34). "What they demand is not the settler's position or status, but the settler's place. The immense majority of natives want the settler's farm" (p 47). "The native ... is most acutely aware of all the things he does not possess. The masses ... convince themselves that they have been robbed of all these things" (p 58).

Na dekolonialisering bestaan die nasie blykbaar net uit inheemses, die meerderheid: "Decolonization unifies that people by the radical decision to remove from it its heterogeneity, and by unifying it on a national, sometimes a racial basis" (p 35). Voor en kort na onafhanklikheid het die oorgrote meerderheid blankes bv Algerië en Zimbabwe verlaat en die uittog uit Suid-Afrika duur voort.

In die boek is daar verregaande onwaarhede soos die volgende: "The well-being and the progress of Europe have been built up with the sweat and the dead bodies of Negroes, Arabs, Indians and the yellow races" (p 76). "Europe is literally the creation of the Third World. The wealth which smothers her is that which was stolen from the underdeveloped peoples" (p 81). "The all-mighty dollar ... is only guarenteed by slaves scattered all over the globe" (p 77). "If conditions of work are not modified, centuries will be needed to humanize this world which has been forced down to animal level by imperial powers" (p 79).

Dit word dikwels geredelik erken dat selfs in ontwikkelde Westerse land baie (selfs die meerderheid) kiesers nie werklik verstaan waarvoor hulle stem nie. Omdat Fenon se boek eensydige propaganda vir 'n bepaalde politieke standpunt is, veroorloof hy hom 'n stommiteit soos die volgende: "Experience proves that the masses understand perfectly [!] the most complicated problems" (p 151). Van sy uitsprake is so radikaal dat hulle nie vir soetkoek opgeëet behoort te word nie: "The native's muscular tension finds outlet regularly in bloodthirsty explosions" (p 42). "For the native, life can only spring up again out of the rotting corpse of the settler" (p 73).

Fanon belig die feit dat dit vir swart Afrikane eerder om (swart) Afrika-kultuur as die nasionale kultuur gaan: "The men of African culture find themselves to racialize their claims and to speak more of African culture than of national culture" (p 172). "In Africa, the movement of men of culture is a movement towards the Negro-African culture or the Arab-Moslem culture. It is not specifically towards a national culture" (p 175). Dit verduidelik die grondslag van die ANC se Afrika-beheptheid.

Fanon verwys na Afrika noord van die Sahara as "White Africa" (p 129): "She is Mediterranean ... she is a continuation of Europe and ... shares in Graeco-Latin civilization" (p 130). Die Afrika waartoe Fanon as Wes-Indiër aangetrokke voel, is "Black Africa", dus Afrika suid van die Sahara (p 130): "The responsibility of the African as regards national culture is also a responsibility with regard to African-Negro culture" (p 199). Die verskil tussen hierdie twee Afrikas kan tans duidelik in die Soedan waargeneem word. Die noorde is Arabies-Moslem en meer ontwikkeld, terwyl Suid-Soedan swart, nie-Moslem en onontwikkeld is. Idealisties, of propagandisties, gaan dit egter vir Fenon om die hele kontinent: "No one can truly wish for the spread of African culture if he does not give practical support to the creation of the conditions necessary to the existence of that culture; in other words, to the liberation of the whole continent" (p 189).

Ten slotte fokus ek op hierdie propagandistiese aspek. Nelson Mandela het soos volg geskryf oor sy besoek aan "the cradle of African civilization", Egipte: "I spent the whole morning of my first day in Cairo at the museum ... it is important for African nationalists to be armed with evidence to refute the fictitious claims of whites that Africans are without a civilized past that compares with that of the West. In a single morning, I discovered that Egyptians were creating great works of art and architecture when whites were still living in caves" (Long walk to freedom, London: Abacus, 1995, p 353).

Dit is desperaatheid, onkunde of moedswilligheid wat Mandela noop om Afrika-beskawing in Egipte te soek. Basil Davidson, wat oorloop van politieke korrektheid, vestig die aandag op die "attitude of leaving ancient Egypt out of the history of Africa" omdat die bevolking nie swart is nie (Africa in history, London: Phoenix, 1992, p 25). Egipte was agtereenvolgens deel van die Assiriese, Persiese en Romeinse Ryk. Voor laasgenoemde was dit deel van Alexander die Grote se ryk (Colin McEvedy, The Penguin atlas of ancient history, 1967).

In sy soektog na beskawing in Afrika wend Mandela hom tot wat Fanon "White Africa" noem, dus (in die woorde van Fanon) 'n hedendaagse "Arab-Moslem"-land. Geografies is Egipte ongetwyfeld 'n Afrika-land. Kultureel is Egipte egter, soos die ander lande noord van die Sahara, 'n Mediterreense land wat beskawende invloede uit die Midde-Ooste (bv Mesopotamië, Arabië) en Europa (bv antieke Griekeland en die Romeinse Ryk) ondergaan het. Daar word dikwels beweer dat die mens in Afrika ontstaan het. Dit volg dat kultuur (maniere van dink en doen) ook sy oorsprong in Afrika het. Wat opval, is dat beskawing (ontwikkelde of gesofistikeerde maniere van dink en doen) van buite Afrika (veral die Midde-Ooste en Europa) na die kontinent gekom het.

In die geledere van bv die Afrika-unie (AU, insluitende sy voorlopers) word gepoog om Afrika as 'n geheel te benader. Kultureel en beskawingsgewys is daar egter groot verskille tussen Afrika noord van die Sahara en Afrika suid van die Sahara. Die kulturele andersheid van die lande in Noord-Afrika (van Egipte tot Marokko) kan met verwysing na invloede uit die Midde-Ooste en Europa verklaar word.

Die eintlike merkwaardige kenmerk van Afrika is die mate waarin beskawing 'n vastrapplek in die suide van die kontinent verkry het. Dit kan uitsluitlik aan Europese invloed toegeskryf word, dermate dat Suid-Afrika voor sy politieke "bevryding" in AU-geledere nie as 'n Afrika-land erken is nie. In die plaaslike vestiging van Europese beskawing het die blankes (moontlik veral die Afrikaners) as nie-korroderende elemente (dus as bouers, as nie-brekers) 'n deurslaggewende rol gespeel. Wat hier so ver verwyderend van Europa en soveel beter as in swart Afrika tot stand gebring is, grens aan 'n wonderwerk. Deesdae word beweer dat die wittes in die skuld by die swartes is en om verskoning moet vra. Die teenoorgestelde is veel eerder waar: Die swartes is diep in die skuld by die wittes vir alles wat so (grootliks) onverdiend in hulle skoot geval het. Groot dank hiervoor aan die blankes bly egter steeds agterweë. In landsbelang behoort die blankes wat in die nuwe Suid-Afrika aangebly het as kleinode ("iets wat van baie waarde is", HAT) waardeer te word.

Johannes Comestor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top