"Geweef as een" deur Nolan Sampson

  • 0

Geweef as een

As ek terugdink aan gister
Die glimlag op jou gesig
Wonder ek hoe, ja hoe
dra ons liefde dieselfde gewig?

Ek droom van 'n verhaal
? Sprokie in ons taal
Verstaanbaar oor eeue heen .
Ek wonder waar, ja waar?
Staar ek hartseer in die gesig
Maar ons is ...

REFREIN:
Twee siele geweef in een
al dansend in die reën
Geen aande meer alleen
Ons harte in liefde saamgevleg
Want ons is, ja ons is
saamgeweef as een

As ek iets kon ontrafel
sou dit die geheim wees
Van hoe liefde, ja liefde
saam groei in siel en gees

Ons rare liefde is opgesluit
in die skatkis van geluk
Ontsluit deur ek en jy
Maar ek wonder, ja wonder
Gaan ons liefde staande bly?
Maar ons is ...

REFREIN

BRUG:
En saam gooi ons water
op ons boom van geluk
Laat dit groei en groei
Geen gevoelens opgeblik
Want ek en jy alleen
is saamgeweef as een
Al dansend in die reën

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top