"Gewapende roof" deur Elana Vorster

  • 0

Gewapende roof

Vers 1

Die aandmolekules kniel voor my oë,
die radius van donker vernou ...
Kort van draad is die aand vanaand.
Slaap ontvoer getroue dromers,
sluimer in met sekondes, teen jou wil.
Nagmerries gesels en koffie eggo ...

Refrein

Kaalvoet fluister voete
op die houtvloergang ...
Huiwer in die maanlig:
die donker op ’n verhoog gevang.
Raak-raak aan my kamerdeur,
draai om, draai weg
en as ek wakker wekker word,
bly daar net ’n bietjie jy.

Vers 2

Skeur my middernag middeldeur.
Telefoonlyn, engelvlerk – geknip.
Steel die stiltes tussen silwerware versteek.
My hart tussen kunswerke, juwele, televisies
en gisters op ’n bakkie gelaai, verkoop.
Skoonheid draai om en slaap dieper ...

Ek wil vanaand vergeet
wat ek vorigaand nooit wou.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top