Gevare vir kinders?

  • 0

Jaco, ek het gelees van jou gelukkie wat jou toe R200 uit die sak gejaag het.

Wat ek wil weet is: mans wat op sulke bankies sit en hulleself so opwerk, kan sulke mans miskien ’n punt bereik waar seuntjies ook aanvaarbaar gevind sal word? Het ons nie al in die verlede gelees van geestesversteurende gedrag en optredes wat by openbare toilette afspeel nie?

Is my aanname dus reg as ek van mening is dat mans wat so sit en wag potensieel gevaar inhou vir kinders? Ek sê nie jy is een van daai nie, maar kan jy saamstem dat van die mans wat op bankies sit en belustig word, heeltemal die kluts verloor en onskuldige kinders dit ontgeld? Is my aanname ook reg as ek van mening is dat sulke mans (wat op die bankies voor die toilette sit en beloer) in elk geval, net vir die wis en die onwis, hard en aanhoudend gemoer moet word? Ek vra maar net.

Stefan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top