Gevaarligte

  • 0

In Adderleystraat,
Het ek my hart uitgelap.
Jou reaksie so anders wat ek verwag
My woordeloos van onder lang wimpers betrag.

Net voor die blommemark
Het jy skielik rem getrap
Het ek die tekens verkeerd gelees ?
Was die lig nie nou net nog groen gewees ?

In die Vrydagmiddag middestad verkeer
Ry ons in sirkels , ’n ongeluk wat wag om te gebeur.
Jy verwissel weer van rat
Mik na ’n glybaan weg uit die stad.

In Adderleystraat,
het ek die gat probeer lap

Maar helaas  die donker bloed was reeds in die teerpad vertrap.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top