Gespreksforum 2

  • 6

Soos in 'n vorige brief het ek genoem dat ek verlede Dinsdag 5 Junie 2018 na die Praat Saam-program geluister het. Die buitegas, Theo Venter was telefonies met die aanbieder in verbinding. Die ateljeegas was die bekende/beminde ambassadeur, hoog aangeskrewe onverskrokke vryheidsvegter en lid/segsman (persoon) van die bende se gewapende vleuel.

Op 'n stadium het Venter 'n uitlating, wat trouens volgens my waar is, oor die vorige staatspresident van Suid-Afrika gemaak.

Vervies die ateljeegas hom toe nou nie liederlik vir Venter nie. Hy verander toe net voete in sy mond en trap in sy eie slaggat. Sy optrede spreek toe tipies en duidelik van die vorige regime se optredes en uiter toe 'n baie bedekte "dreigement" teenoor Venter, dat hy wat Venter is se posisie by die NWU (PUKKE) in heroorweging/aanskouing geneem moet word.

Ek as lid van die breër publiek is tot in my klompe geskok oor die subtiele boewery van die politikus wat spreek van emosionele onvolwassenheid. Ek skaam my vir die politieke boelierigheid en dit spreek boekdele van die bevrydingsorganisasie.

Sies vir julle. Karel die Grote is nie onaantasbaar nie.
Reusedwerg 

 

  • 6

Kommentaar

  • Op my bedkasradio is daar 'n knoppie "Off".
    My Dstv se remote het 'n knoppie "Mute".
    En joune - gebruik jy dit nie?

  • Eina. Niks en niemand maak my of klits my meer op nie. Ek luister partykeer net na sulke banaliteite om my te herinner dat daar regtig mense is met groter gemoedsbekakkings as wat ek gehad het.

  • George Bekker

    Reusedwerg se boodskap moet meer gehoor word. Raed-na-Gael se raad om af te skakel as jy nie saamstem nie, moet veroordeel word. Ons het meer van eersgenoemde en minder van die tweede nodig, anders sal die boelies al meer vermetel raak.

  • Smaak my ou George vind propaganda heel aanvaarbaar - luister graag daarna. Vind seker ook nie enige verskil tussen dit en "fake news" nie.
    Mooi loop.

  • George Bekker

    Raed-na-Gael, dit lyk of jy daarop ingestel is om mense se gal en bloed deurmekaar te kry. Jy ontstel my egter nie. Wonder net hoe ek jou verstaanbaar kan antwoord. Wou net die punt maak dat debat voordele kan hê, want dit is 'n manier om mense in te lig. Miskien kan Carl Niehaus selfs stil gemaak word as genoeg mense hom aanvat. Om sulke ouens egter permanent te ignoreer kan 'n fout wees, veral as jy oor 'n man soos Theo Venter se vermoëns beskik. As die visekanselier van NWU (Kgwadi) vir 'n akademikus soos Venter sê (by implikasie) gebruik jou “Off” knoppie behoort Raed-na-Gael te weet hy het die kat aan die stert beet. 'n “Akademikus” soos Kgwadi moet nie eens 'n lae akademiese pos beklee nie.

  • George,
    Na aanleiding van jou hovaardige snedigheid hierbo,"Wonder net hoe ek jou verstaanbaar kan antwoord", dink ek aan GH Hardy se korswel "for any serious purpose, intelligence is a very minor gift".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top