Sit ek op nuwejaarsdag en luister 702. Beweer die omroeper en Kaapse klopse-verteenwoordiger dat “daar kom die Alabama” ’n “slaweskip” was. Kyk, ek is nou behoorlik gatvol vir blatante geskiedkundige leuens. Die CSS Alabama het tydens die Amerikaanse burgeroorlog in Augustus 1864 in Kaapstad aangekom. Die liedjie was een van blydskap van hawe prostitute oor die “boom” in besigheid, hul het seker nie ’n been toegemaak nie? Wat ek van skeepslogge kan uitmaak op die internet, is dat die Engelse St Helena, die Franse Mauritius, die Portugese Mosambiek en ’n roesemoes die Kaap as halfweg gebruik het na die Amerikas met prisoniers en “indented labour” gebruik het. TEBA het “indented labour” tot in 1990's gebruik vir myne. Daar is baie beginsels van die praktyk in die tipiese kontrakwerker in SA oor. Die werkers het ’n keuse van repatriasie gehad aan einde van kontrak. Ek het nie meer geduld met Tamils, wat jy nooit in ’n Tata sien, wat agter gebly het in Natal na einde van kontrak nie. Hul leuens dat hul in 1994 “bevry was”, terwyl bruin en Indiër vanaf 1985 met stemreg in NP-parlement gesit het nie. Asseblief, laat 2012 ’n jaar van waarheid in media word. Vir hierdie tipe media wanvoorstellings, gee ek my volle steun aan die “snoerwet”, wat sulke nonsens gaan stop met gevolge.
Hans Richardt

