Wouter soek na bronne oor die geskiedenis van onderwys onder die stamme in Suider-Afrika voor 1652. Met onderwys bedoel mens sekerlik ’n formele instansie soos Plato se Akademie. Of, wanneer jy na Xhosas verwys, soos wat my oorspronklike brief gemaak het, iets soos ’n inisiasieskool vir jong mans. Daar moet seker heelwat akademiese geskrifte oor laasgenoemde wees.
Dit was egter nie die punt van my skrywe nie.
Die eintlike strekking van my skrywe was dat dit ’n onredelike verwagting was vir ’n minderheidsvolk om ’n meerderheid volgens die minderheid se gebruike en standaarde te onderrig. Laasgenoemde verskil in standaarde is skynbaar wat baie se probleem met Bantoe-onderwys was. Ek stem saam daarmee. Bantoe-onderwys was ’n geklike idee, omdat dit onbekostigbaar was en onmoontlike verwagtinge geskep het. ’n Minderheid van 1:10 kan nie die 10:1 meerderheid onderhou op dieselfde standaard as die minderheid s’n nie.
Dit sou dus veel meer van pas gewees het om oa die Xhosas in vrede te gelaat het, en hulle bloot aangemoedig het om hul eie tradisionele opvoedkundige instansies uit te bou en hul eeue-oue gebruike voort te sit. Tradisionele gebruike sorg onder andere vir ’n relatief-lae misdaadkoers in een van die armste provinsies in SA, Limpopo. Soos ons met Julius Malema kan sien, kan jy nie maklik uitheemse konsepte soos houtwerk in ’n kop wil inprop nie. Basta met die afdwing van uitheemse konsepte soos wiskunde, boekgeletterdheid en ja, ook Bantoe-onderwys, op onwillige slagoffers!
Anton B

