Toe keiser Konstantyn die karakter Jesus Christus geskep het, en met die Konsilie van Nicea in 325 hom as die enigste Romeinse god verklaar het, het hy lelike probleme vir die wêreld veroorsaak waarmee ons na 2000 jaar nog sit. Nie alleenlik was Jesus Christus nou God nie, maar Christene het begin om God se onwrikbare wette van die Ou Testament te verbreek. Hulle het nie meer op die sewende dag gerus nie, maar op Sondag, die dag van die songod, Sol Invictus. Hulle het ook begin om ? simbool, die kruis, te aanbid, in plek van die God van Abraham. Die mens kon nie meer in vrede sterf soos die Prediker sê nie, nee hy moet nou kies tussen vir ewig harp speel of vir ewig brand.
Op die oog af lyk dit nogal snaaks dat God nie beveel het dat almal, man, vrou en kind vermoor moet word nie, maar hy het bietjie van ? probleem gehad. In die Ou Testament was hy jaloers en verskriklik moorddadig; dus het hy nie ? te wonderlike rekord gehad nie. Daardie sondvloed waarmee hy derduisende mense en diere laat verdrink het, was heel onbedagsaam van hom en het hom ook ‘n slegte naam gegee. Om aan sy beeld na buite ? bietjie meer aansien te verleen, het hy ? frontman, ? skakelbeampte, benodig – iemand wat liefdevol en aantreklik is. Sy vorige rolmodelle was maar almal skarminkels: Abraham het sommer sy vrou uitverhuur aan Farao, Lot het kafoefel met sy dogters, Moses was ? regte korrelkop, Noag het hom dronkgesuip, Simson wou nie sy hare laat skeer soos dit ? Boerseun betaam nie. Nee, hy het ? nuwe seun nodig gehad wat goed was met die skares. Robert Mugabe, Muammar al-Qaddafi, Hitler, Joseph Stalin dalk? Nee, bêre hulle vir later. Hy het toe ? seun by Maria verwek, maar hy moes dit skelmpies doen, want sy was aan Josef verloof en amper het hy (dis nou God) moleste veroorsaak.
Om meer tewete te kom van Jesus, sal ons van wat hy geskryf het, moet lees, maar wag so ? bietjie, hy het absoluut niks geskryf nie; geen geskiedkundige weet iets van hom af nie. Ons is slegs aangewese op wat in die Nuwe Testament staan, sonder enige bewyse.
Dis nou hier waar Konstantyn inkom. Toe hy keiser van die Romeinse Ryk geword het, het die hope gode wat aanbid is, sy Engelse breintjie heeltemal deurmekaar gehad. Elke nasie het sy eie spul gode gehad van Apollo tot selfs ? vorige keiser, Julius Caesar. Om hom nog verder mal te maak het rondloper predikers die Ryk deurkruis met geskriffies op perkamente en diervelle wat verkondig dat daar een of ander Messias alreeds op aarde geland het, maar dat die Jode hom aan ? kruishout opgehang het. Gedurende een van sy veldslae sien hy toe die kruis daar in die wolke en besluit om ? volgeling van hierdie Messias te word. Hy beveel dadelik dat al die rondloper predikers bymekaar moet kom by Nicea met hulle geskriffies. Daaruit is toe ? naam geprakseer vir die nuwe Romeinse god, Jesus Christus, en ook ? heilige geskrif vir hierdie nuwe geloof. die Konstantynse Bybel. Almal in die drie susterskerke papegaai nog elke Sondag die geloofsbelydenis van Nicea wat Konstantyn en sy regterhand, Eusebius Pamphilius, (eens op ? tyd albei heidene) vir hulle uitgedink het.
Groete
Angus

