Ek lees vandag se Beeld en slaat amper morsdood agteroor. Me Marcus van die SA Reserwebank is ontnugter oor die land se ekonomie en oor die geld wat so "wegraak".
Ek het 'n pel gehad wat gewoonlik as iets verkeerd loop die gesegde gehad het, "too ghastly to contemplate".
Ek sal my regter iets gee om te probeer verstaan en agter die kap van die byl te kom wat eintlik in die land gebeur het en nog steeds aan die gang is. Ek probeer dit te vereenvoudig om te sê dat die land besteel word. Daar sal manne sê dat ons in die ou bedeling ook besteel is, maar die hel weet nie soos nou nie.
Ek het die Bret Kebble-boek gelees. Dit het my omtrent 'n maand gevat aangesien dit in Ingels was en daar soveel ingewikkelde terminologie was. Ek het nadat ek die boek "gelees" het tot die slotsom gekom dat ek te gou en maklik veralgemeen het. Ek is geneig om ons bevryde broers gou die skuld te gee vir die korrupsie in die land. Ek het tot die groot ontnugtering gekom dat "ons mense" blanke Afrikaners ook bydra en bygedra het tot die "verarming" van die land. Ek het eerstehandse ondervinding van onderduimse bedrywighede van my mede-Afrikaners wat my as persoon ontsettend finansiële skade berokken het. Ek word daaraan herinner dat ek meer bedag moes gewees het op wat aangaan. Ja goed en wel, maar wat maak jy as regeringstrukture en internasionale organisasies in die proses om jou finansieel te vernietig gebruik word.
Om na me Marcus terug te kom. Wat het sy as kommunis verwag wat gaan na die groot bevryding gebeur? Sy en haar maatjies, Jeremy Cronin, Blade Nzimande en Patrick Craven moet wakker word. Hul ideologie is lankal uitgedien. Hul nefie van COSATU die heer Vavi kry ook nou maagwerkings want sy doppie is ook geklink. Die arbeidsonrus wys die manne dat die realiteit nou begin posvat by die massas. Die groot bevryding het hulle vet mooi nokkol in die sak gebring en sien die mense dat 'n klein minderheid room geskep het en indien hulle nie iets gaan doen nie hulle gaan agter bly.
Jacob Regop bou 'n moerse landgoed met belastingbetalers se geld? Wat weet die man wat ons nie weet nie. Met hogere sekuriteit en alles. Vir wat is hy bang? Dalk vir die "desperate housewives" en daar’s hoeveel van hulle?
Ek wil 'n wilde aanname maak, en ek hoop ek is verkeerd. Die Sjinese het ons in die sak. Die Amerikaners en die Ingelse het dit amper te laat agtergekom. Al wat hulle nou gaan doen en ek sien dit, hulle destabiliseer die land. Die staat het nie beheer oor sy burgers nie. Hy het in elk geval nie die politieke wil nie. Die ekonomie word lam gelê en siedaar, die land word tot oorname gedwing. Dit is meesterlik in Egipte uitgevoer. Die nuwe man aan bewind is in elke geval in die VSA geskool en opgelei om die Egiptenare tot nuwe hoogtes te lei.
So me Marcus, skep vir jou ook solank, want die meesters het klaar besluit jy gaan vervang word.
HKGK
Groete
Reusedwerg

