Genadedood
Met my seer hart toegemaak
Staan en kyk ek hoe jy slaap
Want ek maak nie regtig saak.
Met my wange bloedrooi van koors
Hoor ek hoe knal die laaste skoot
Van ’n ou dier se genadedood
En ek wens die donker sluk my in
En spoeg my uit aan die begin …
Waar ek ’n kind was in my my se huis
Met liefde wat deur ons are bruis
Vrolikheid, lag en baie gesels
Ek wil dit net een keer weer omhels!
Maar ek moes grootword en gaan trou, met ’n man wat ek vertrou
Jare later het ons verbrou
En ek moes weer oor begin
Met die man in die maan wat vir my sing.
Ek is weer gevang deur ’n ander man, wat later sommer net opgee
En my verlede sommer net uitvee
En ek moes weer oor begin
Met die man in die maan wat vir my sing
En ek hoor hoe knal die laaste skoot
Van ’n ou dier se genadedood
En ek wens die donker sluk my in
En spoeg my uit aan die begin
En as ek alles oor kan hê
Sou ek nog steeds teen jou lyf wou lê
Ek sou saam met jou ’n huis wou bou
En vir altyd gelukkig met jou wees
Soos in die stories wat ek lees
Ek sou jou hart reeds jonk wou steel
As jy oor my gladde wange streel
Maar nou het ek plooie en is grys
En jy kan nie jou liefde wys
Want jy het te seer gekry
En ek sal altyd buite bly
Jy sal my nooit so lief kan kry
Daarvoor is ons tyd verby
En ek hoor hoe knal die laaste skoot
Van ’n ou dier se genadedood
En ek wens die donker sluk my in
En spoeg my uit aan die begin
![]() |



