Prof JH Heese het uit kerkrekords, tussen 1652 tot circa 1800, bevind dat 7,2% afrikaner uit gemengde afkoms is. Wat nie eksplisiet beskryf is nie, is gemengde huwelike itv geloof, bv katoliek met gereformeerde of jood met christen? Ja, toegegee daar was ook etnies gemengde huwelike.
'Die herkoms van die Afrikaner' moes in my opinie eintlik net van 1925 bekyk gewees het, met amptelike erkenning van die taal en as sulks mense in SA. Tot in 1925 was Hoog-Hollands die voertaal van die 'boer' gewees. Nou ja, dis my gebalk en gekwaak vir 2012, oor populêre politieke konstruksie wat my grensloos irriteer. Ek weet feitlik dat daar geen vermenging vir 100 in my voorgeslag was nie, met beide my wit oumas uit die 1800's, wie ek persoonlik geken het. Dit gaan tog oor mitochondria in klassifikasie.
Hans Richardt

