Geskryf vir: Straatligkinders
Omhels hierdie kans vir ’n nuwe begin
Lê die swaard en vernietig die wapens
Maar jou fondasie is swak en in die tyd
Sal die mure moet afkom
Ek is wie ek is, is dit soo moeilik
Om te besef dat ons is wie ons is
Onbeantwoorde gebede, slaap onder straatligte
Staan op, en neem verantwoordelikheid
Vir die dinge wat jy noem jou eie
Gehamer deur die lewe 'n pen om hierdie identiteit te seel
Ek is wie ek is, is dit soo moeilik
Om te besef dat ons is wie ons is
Wie is jy, om ons te vertel wie ons is
Wie jy is, jy is 'n monster, jy is 'n leuenaar
En ek sal die hande roep van 'n vegter
En jy sal weet, wie ons is

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

