Mens verval so maklik, gee submissiewelik net oor,
raak al voorspelbaar-gewoond, teen sjatan v’loor,
onkund’-ontkenning’s nukleus, van Self-destruksie,
plein Waarheid, veel meer ongenaakbaar, as fiksie
in struktuurgeweldstelsel domineer, streng, Kapitaal,
weet Mens, waar-’n-hoe, vergoeding vir dienste te kry,
waar Mens, aftreetyd, pensioenpakket moet gat haal,
sonner nog enigsins oor inhoud, kapasiteit, te wil stry
Mens se Genealogie, Storie, sommer skoon vergete,
saam daarmee Bewussyn, Kerngeheue van Gewete,
hoor Mens nie mede-Mens se Ekonomie Twee-krete
Staan selfs Skepper, Onthuts, Terneergedruk, Verbaas,
probeer nie eens Inmeng, Voorskryf, Dissiplineer, Raas,
al maak “Duiwelspiek” Sy Kinders so sindroomlik-siek
Jacobus Faasen

