gemaksone-metamorfose

  • 0

ink stink, IT’t g’n reuk, al ruik Mens ’n rot,
woord vir woord, in ritme, reëel, in pas,
ultra-IT-intuïtief, neem Mens kennis,
van Bron, Kennis, Groter Geheel

hoe Mens geheel en al onkund’-ontkennend,
deur Kapitaal aan neus gelei, Self-verdoemend,
Self-destruksie tot kuns verfyn’t, eisj, Sapiens,
Millennium Drie se “Duiwelspiek”-dissipelkoor,
demonies, deurdag, dwingelandy gedweë verduur,
Millennium Drie bestem as Self-destruksie-uur

moet Mens nie Mens deur mede-Mens laat fop,
as Mens enigsins iets oor Lewe Twee wil leer,
ultra-positiwiteit uit Lewe Een-ervaring wil erf,
ophou met pseudo-onkundigheid, onnodig,
Self aan submissiwiteit, sjatanspiekheid,
aan siekte van Gewete-loosheid oorgee,
aan behoefte aan uitbuiting, oorlog, pyn,
verkrag, plunder, van onskuld, naïwiteit,
mede-Mens van Waardigheid verhinder,
ko-Universant, ultra-Geheelbeeldbelewer,
Mens, beleefd, medemenslikheid beleef,
Naaste, as Eie, Spieëlbeeld, waarneem,
síén, lat God se Kjend Respek verdien

kapitaal se “ras-‘n-klas”,Theologies onvanpas,
ideologies oudskool, komies-ironies, naragtig,
naarheid, g’n waarheid of versoening, post-‘post’,
post-Codesa, post-Polokwane, post-Pretoria,
als wat Mens, mede-Mens, Naaste, verwar,
weghou van Paradys, Visie, via Herwinning,
van Gewete, soort Madibanisme, vol Liefde

Mens Mens Self tot Besinning bring, Self,
Eie, Self, besef, almal’s eigentlik ‘ie selle,
loop en droom (van) heel dieselle droom,
wens en verlang symste Wens, Verlang’,
na “ver-verwyder-van-‘Duiwelspiek’-siek”,
siek van genoemde “siek”, van siektesang

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top