Geloof is net nog 'n verslawing!

  • 2

Verslawing aan drank en dwelms word gewoonlik beskryf as 'n 'kruk' om deur lewe te kan kom. Klink dit bekend? Mense in SA het geloof as 'n 'noodsaaklike kruk' om deur elke dag te kan kom, stukkie voor brekfis, teetyd, ens! Dis 'n verslawing, van emosioneel onopgewasse mense, wie nie lewe vierkant in gesig kan kyk en verantwoordelikheid wil aanvaar nie! 'God se wil' lui dalk 'n paar klokke? Hul verslawing behels ook 'n menslike stryd teen 'satan' om hul Jesus se integriteit te beskerm, nie juis 'almagtig' nie?

Die afhanklike wil altyd ander kry om slegte gewoonte aan te leer, met persoonlike verhale van hoe 'goed' die verslawing jou laat voel! Met elke verslawing kom die persoonlike uitbuiting, veral finansieel, dink tiendes?

Ek was 'n verslaafde aan geloof en toe drank! Is van beide gerehabiliteer! Tans rook ek nog en as rookverslaafde, glo my dit het allerlei gevolge! Geloof word nog steeds as rede vir oorlog gebruik! In SA 'feesgetye vir geloof' hou RSG en koerante 'tally' van dooies! Nog nooit gehoor dat iemand bid dat dood en verwoesting stop in dié tye op paaie of vir oorlog van terreur teen Islam stop of dat oorlog in 'nuwe Jerusalem' stop nie?

Oor rook, ek wil dit nie nou opgee nie! Ek het nog nooit na 'n sigaret gevoel om iemand dood te maak nie, wat dalk kan gebeur as ek wel ophou!!

So, ek praat as nikotienverslaafde oor die geloofverslaafdes wie 'n drakoniese stuk wetgewing teen my verslawing ingestel gekry het en nog so vermetel is om my te beledig en my persoonlike ruimte ongevraagd met hul versies en veroordelingverslawing te besoedel!!! As ek in obskure plek moet rook, beoefen jul geloofverslawing in jul obskure kerke!

Hans

  • 2

Kommentaar

  • Hans,

    Jy vergeet jy is verslaaf aan nog iets. Te oordeel aan die magdom niks-seggende briewe wat jy hier op Sênet loslaat weekliks, is jy defnitief verslaaf aan jou eie skrywes.

    Terloops, jy weet net soveel van ware geloof af soos die stoel waarop jy sit wanneer jy die tipiese klomp snert kwytraak soos wat jy nou weer hierbo gedoen het.

    Sterkte

    Dolf

  • Hi Hans.

    Ek vind jou brief angswekkend.  Om te dink daar is mense wat werklik so ongelowig is.

    Ek is jammer dat ek jou moet tee staan, want daar sal seker mense wees wat ook soos jy voel, maar die Here bestaan wel. Hy is 'n lewende God.

    Ek bid dat jy dit ook eendag sal kan besef.

    Daar is soveel bewyse rondom ons dat God wel werklik bestaan, dat mens moet blind wees om dit nie te sien nie.

    Die Here se liefde omvou jou ook!

    Vriendelike groete

    Madeleine Mostert

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top