Geloof en genetika

  • 3

Ek sê dat geloof as sodanig, is nie ’n plaasvervanger vir iets, is, soos wat die agnostici so graag te kenne wil gee, nie. Dit is ’n gawe, ’n geskenk, ’n bekwaamheid direk van God af. Gelowige mense put hul krag daaruit in moeilike tye, weens die direkte verhouding met God wat daardeur bewerkstellig word. Dit is in die mens se gene, dit wil sê, die fisiologiese bekwaamheid daartoe, is in die Meesterplan DNS van die mens. Die mens is juis só geskape – een van die absoluut unieke kenmerke wat die mens geheel en al van die res van die skepping onderskei, om ook fisiologies te resepteer en reageer op die spirituele insette en impulse.

Om nou te wil beweer dat dit geloof of selfs ongeloof, daarom ‘oorerflik’ is (al is dit net in 'n poging om dit met die evolusieleer te laat inskakel), getuig van totale gebrekkige insig en begrip. Geneigdheid tot geloof is uniek aan die mens, juis omdat dit is deel van die menslike DNS komposisie. Fisiologiese studies deur kognitiewe neurowetenskaplikes in Italië toon voorlopig aan dat die menslike brein (in die linker- en regterkante van die pariëtale lobbe) blykbaar selfs reseptor areas het waar die spirituele aktiwiteit geïnterpreteer word en plaasvind – álle mense. Die neurowetenskaplike, Agliotti (nie die plaaslike gangster nie) sê "This is the first really close-up study on spirituality. We're dealing with a complex phenomenon that's close to the essence of being human." Wat bevestig dat die mens veral ook fisiologies geskape is om spiritueel te verkeer.

Daarom is daar nie sprake van oorerwing, wat losse permutasies meebring van verskillende eienskappe binne die geen-groepe wat verenig (twee ouers en hul voorgeslagte) nie, maar is konsekwent ’n eienskap van élke mens. Die Oxford studie waarna ek al telkens verwys het, toon juis die manifestasie daarvan aan en toon ook duidelik aan dat die mens van nature ’n propensiteit tot spiritualiteit, geloof, het, en waar die natuurlike propensiteit van die mens vir geloof nie sterk figureer nie, is dit die gevolg van eksterne beïnvloedende faktore soos ’n ‘moderne’ geïndustrialiseerde sosiale struktuur waar dit in daardie kultuur in ’n mate onderdruk kan word. Dit gebeur nie outomaties nie.

Dus is dit nie moontlik om ‘ongeloof’ te beërwe nie. Daar is geen getuienis dat ongelowiges se DNS en gene anders lyk as dié van gelowiges, nie – met ander woorde, daar is géén gene wat per se met ongeloof verbind word, nie. Watter snert om soiets te beweer. Onkundige mense maak súlke sinnelose stellings.

Kinders is deurgaans spiritueel baie sterk, ongeag hulle blootstelling. Aanvanklik tree hulle baie spiritueel op, maar soos sommige van hulle gaandeweg in ’n kultuur van agnostisiteit opgevoed word, raak hulle spirituele vermoëns kennelik báie afgestomp. Maar neem daardie kinders weg uit die agnostiese milieu waar hulle in agnostisiteit geïndoktrineer word en die natuurlike propensiteit vir geloof en spiritualiteit, kom geredelik na vore. Daarom is daar talle voorbeelde van agnostici wat gewoon weer terugkeer na spiritualiteit en geloof. Vele ander wil, maar weifel omdat hulle nie kans sien vir die eweknie bespotting vanuit agnostiese geledere, nie. Uit die stryd wat agnostici voer, soos dit ook op hierdie forum oor die jare heen en elders op die internet, blyk duidelik, hoe hulle struwel en probeer om hul propensiteit tot geloof te onderdruk, tot die mate dat hulle obsessief is daaroor (maak intense studies van die Bybel en van sekulêre publikasies oor geloof, ens. en vorm aksie- en drukgroepe, terwyl dit nie deel van hul nering of beroepe is, nie). As dit natuurlik was vir hulle om só te wees, sou hulle dit net gelate laat begaan én sou niemand anders iets daarvan dink, nie. Maar dit is báie vêr verwyderd van die werklikheid.

Elke agnostikus neem ’n wilsbesluit. Hulle almal beweer hulle was op ’n tyd ‘gelowiges’. Hulle besluit dan om dit te onderdruk. Daar is verskeie agnostici wat op hierdie forum getuig het van dié proses en hoe moeilik dit vir party van hulle was. Dit is die gevolg van verwaandheid onder invloed van die satan, wat resulteer in ’n proses van selfdesepsie.

Kobus de Klerk

  • 3

Kommentaar

  • Hallo, ou Kobussie

    So van genetika gepraat.

    Het jy al antwoorde op hierdie twee vragies:

    1. Watter organisme het die meeste "genetiese inligting";  'n krokodil of 'n hoender?

    2. Hoe meet jy die " genetiese inligting"?

    Sonder daardie antwoorde weet ons jy het nie die waarheid gepraat oor "meer genetiese inligting" of "minder genetiese inligting" nie.

    Jy, met al jou vreeslik baie "spirituele intelligensie", behoort mos hierdie vragies baie duidelik te beantwoord. Of is "spirituele intelligensie" net soveel wensdenkery soos jou "meer genetiese inligting"?

    Ons wag op jou antwoorde, Kobussie. Woordslaaie gaan nie antwoorde gee nie.

    Kleinkoos

  • Kobus de Klerk

    Antwoorde is by die artikel waar jy die eerste maal die simpel vrrae gevra het, voorsien en daarna elders, en steeds is jy te insigloos om dit te begryp.

    Onthou, om jou onnosele insigloosheid te probeer verdoesel deur aanmekaar dieselfde onsinnige vrae te vrae, ongeag dat daar vir jou antwoorde verskaf is, gaan jou saak nie enigsins versterk nie en beklemtoon boonop jou kinderagtigheid. Behalwe natuurlik as jy aandring dat jy van ape en visse afstam, dan kan mens die insigloosheid begryp (en beklemtoon die onnoselheid nog meer) - hoe ookal, wat ookal die rede vir die insigloosheid by jou - jy het dit nie om te verstaan wat ek skrywe nie.

    Ek beskou nou die sakie as afgehandel.

    Wat weet jy van waarheid af. As jy iets daarvan geweet het, sou jy nie die leuen van darwinisme aanhang nie.

  • Kobussie

    Dis nog geensins afgehandel nie. Onthou, jy het die bewering gemaak van dat, as evolusie sou plaasvind, die "genetiese inligting moet vermeerder".

    Dis waarom ek jou hierdie vragies vra:

    1. Watter organisme het die "meeste genetiese inligting", 'n hoender of 'n krokodil?

    2. Hoe meet jy die genetiese inligting?

    Jy is die een met die "gish-gallop". Reekse wetenskapagtig-klinkende onwaarhede op 'n string. Net om voor te gee dat kreasionisme "wetenskaplik" is.

    Daardie voorgee van jou werk vir die massas, maar ongelukkig nie met mense wat iets weet van genetika nie.

     Daar nog nooit enige wetenskaplike beswaar teen the Teorie van Evolusie vanaf die oogpunt van genetika nie.

     Die enigste besware is van 'n handvol kreasioniste wat nog nie een wetenskaplike beswaar daarteen kon gee nie, net godsdienstige besware. En boonop versprei hulle leuens soos die "vermeerdering in genetiese inligting". Jou bewering was onwaar. 

    Daar is niks in die Teorie van Evolusie wat sê dat daar 'n "vermeerdering in genetiese inligting" moet wees vir evolusie (soos in die Teorie van Evolusie) om plaas te vind nie. Jy het nie die waarheid vertel nie. Daarom is dit nog nie afgehandel nie. Jy moet begin om die waarheid te praat. 

    As jy dus sulke onwaarhede wil vertel, moet jy dus die hoeveelheid genetiese inligting baie presies definieer. En eenhede gee van hoe jy dit meet. Sonder daardie basiese inligting kan dit nie "meer" of "minder" wees nie. 

    Wil jy weer probeer of het jy opgegee? Dis geensins afgehandel nie. Antwoord daardie vragies bo genoem. 

    Kleinkoos

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top