Geloftedag?

  • 2

Ek het nie Bloedrivier toe gery nie. Ek sou baie graag wou. Ek is kerk toe. Ons predikant het die dag vir ons voorgehou en ons het gestaan toe hy vir ons die Gelofte afgelees het.
Ek het gister ’n ontstellende WhatsApp-boodskap ontvang. Iemand het die boodskap geskryf en dit versprei. Dit handel daaroor dat Karel Landman wat onder die trekkers was, gevra het wat gaan gebeur indien die volk nie meer Geloftedag gaan eerbiedig nie. Die antwoord was dat God die mense teen wie daar geveg gaan word oor die trekkers sal laat regeer. Ek is nie 'n geskiedkundige nie, maar kon glad nie so iets opspoor nie. Dit daar gelaat.
Ek lees in een van die plaaslike Sondagkoerante wat die Gelofte/Versoeningsdag op die voorblad van die koerant hanteer. Die berig/artikel is deur 'n ene Nkululeko Neno geskryf. Daarin word die bewering gemaak dat daar niks van versoening die afgelope 24 jaar gekom het nie. Nodeloos om te sê dat die tekort of mislukking van versoening voor die deur van die Afrikaner gelê word. 
Selfs Johan Rupert se onderhoud het ter sprake gekom. 
Wat my egter tot die harde werklikheid soos menigte male tevore laat terugruk is die onderliggende haat/nyd en afguns teenoor die blanke en meer die Afrikaner in die land. Ek veralgemeen miskien, maar iemand is besig om 'n baie gevaarlike spel te speel. Ek glo en vertrou dat dinge nie gaan verloop soos ek in my enigheid voorsien nie.
Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Reusedwerg, jy maak drie geloftes in kerk. Doopformulier, nagmaalformulier en huweliksformulier. Die Gelofte was nie met politiek ingedagte gemaak nie, maar vir genade teen volksmoordenaar gedoen. Daar was 20 Zoeloes in laer en ook Maleiers. Rassisme het niks met die Gelofte te make nie.

  • Hans Richardt

    Wat word met "versoening" bedoel? Beteken "versoening" dan soen om te versoen? Waar is vryheid van keuse en assosiasie ter sprake in swak joernaliste se sienings deesdae?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top