Geldigheid van etnosentriese mites

  • 0

Almal het dit oor Tshwane as mite. Tog bid hul vir die Jesus-mite? In my Bybel wat ek in 1977 in Potchefstroom op die Bult gekoop het, in Kolossense 4 vers 11 word 'n regte Jesus Justus genoem uit besnydenis, deur Paulus. Mite of feit? Ek wonder darem oor die "Jesus Christus"-karakter wat Paulus op sy Jesus Justus geskoei het vir sy Roomse, Rooms-katolieke, kerk. Hoe kan Calviniste sê hul bid vir dieselfde God, na "kerkhervorming" en wegbeweeg van die "godsmodel" van Katoelieke? Nee wat, dan het ons nog nie die dilemma van "jy mag nie begeer of egbreek", van "Heilige Gees" met Josef se vrou, Maria, in Matteus 1 sinvol afgehandel nie.

Wonderwerk-konsepsie-mite of blatante sonde?

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top