"Gekamoefleerde liefde" deur Carlene de Vos

  • 0

Gekamoefleerde liefde

Is liefde die haatsug uit jou hart?
Frustrasie van dekades se opgekrokkenheid?
Die selfsugtigheid wat uitpeul soos etter uit ’n wond?
Dalk is dit die woorde soos spykers deur jou hart.
Definitief die kwaadstokery van onvergifnis wat bly hap.

Koor:
Want hoe kan ek glo aan liefde?
Hoe kan ek glo aan liefde?
as dit kom na my met kop-in-die-hande
en trane wat om hulp roep.
Hoe kan ek glo? En hoe kan ek jou glo?

Hierdie liefde wat ek op ’n tyd kon koester en hou
Lê nou in skerwe op die vloer
En al wat ek nou kan doen is om kaalvoet daaroor te loop,
Tot ek nie meer kan bloei

Koor:
Want hoe kan ek glo aan liefde?
Hoe kan ek glo aan liefde?
as dit kom na my met kop-in-die-hande
en trane wat om hulp roep.
Hoe kan ek glo? En hoe kan ek jou glo?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top