Geheuereis deur my dorp
My dorp is
PietVerdriet
EkHetJouLief
KannieDood
Die Boegoeblaar
DisprinTown
MyTasIsGepak
OnsProbeerWeer
MyHartIsTeSeer
Daar is ‘n monument opgerig vir:
Die gekneusde malvablaar
Die Wesies van Die Oorlog (ja, hulle was ook daar)
Die gevalle helde (hul het werklik hard probeer!)
Die geskiedenis is hartseer,
Maar onlosmaaklik deel
Van die verwyt, die spyt
As gevolg van Die Oorlog
Is ons alles kwyt.
![]() |



