"Gefokus" deur Jerome Rex

  • 0

Gefokus

Jongman op die rand van die res van sy bestaan hy’t
Matriek gehaal, die toets geslaag en alles, maar hy’s
Onseker oor wat hy gaan doen met hierdie jaar jy
Waantoe is hy op pad

’n Bradder sal jy by dieselfde lessenaar kry
10 jaar later ignoreer hy steeds die waarheid
Sonder ’n doel wat is die punt van sy arbeid
Waantoe is hy op pad

Hook:

(Daar’s net een manier) om jou drome te verwesenlik
(Lig jou kop) wees trots, jy is ’n meesterstuk
(Gryp ’n pen) ’n plan is net ’n plan as ander dit kan sien

(Daar’s net een manier) om jou drome te verwesenlik
(Lig jou kop) wees trots, jy is ’n meesterstuk
Die Meester stik ons aanmekaar om aanmekaar,
Aan mekaar te bly bou

Chorus:

So lewe aspris (lewe gefokus)
So lewe aspris (lewe gefokus)
So lewe aspris (lewe gefokus)
Tel jou jare of laat jou jare tel

Outro:

Waag jou beste kans as jy reg is
Waar’s jou beste kans, dis nou die tyd
Plaas jou regte hand in Sy sterke
Laat jou lewe begin

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top