Gefluister op die wind
Die kampvuur is al lank geblus
alle tekens van jou uitgewis
Jy was jou Ma se oudste kind
toe jy die plaas verlaat
So trots en vurig soos ? tier
jou Mauser en jou bandolier
Jy’t opgesaal en ver gery
en sy het daar bly wag
REFREIN:
Wag vir jou terugkeer
Na ? ewigheid van hartseer
Jou naam hoor sy gefluister op die wind
Iewers oorkant die Pakhuispas
is jul kommando slinks verras
Die Kakies tien tot een oormag
Dit was ? onheilsdag
Verpletter deur kanonskote
jy en jou makkers almal dood
Die vyand het jul daar gelos
jou ryperd het bly wag
REFREIN:
Wag vir jou opstaan
Verbysterd onder volmaan
Jou naam hoor hy gefluister op die wind
Die eggo’s van geweld verdamp
in kranse stom hier om jul kamp
? Stilte soos ? doodskleed klee
die fynbos slagtoneel
Vir dae lank het hy gebly
dors en trou daar aan jou sy
Maar selfbehoud die dring sy pas
hy durf nie langer wag
REFREIN:
Wag vir sy ruiter
maar die stilheid laat hom sidder
Sy naam hoor hy gefluister op die wind
Twee weke lank het hy gestap
die saal koud, leeg, die rieme slap
Deur klowe diep en vlaktes wyd
besadig op sy koers
Tot by die plaashuis langs die vlei
waar Ma en Sussie hom sou kry
Hul lei hom na die leë stal
voorspooksels op die hart
REFREIN:
Hul bid jou terugkeer
Na ? ewigheid van hartseer
Jou naam hoor hul gefluister op die wind
Die jare het gekom en gaan
maar die heimwee roep nog steeds ? traan
Jy was hul held en makker, seun
toe jy die plaas verlaat.
Nou saans na troosende Bybelvers
in ? donker venster gloei ? kers
? Ma en Sus se huldeblyk
jou baken in die nag
REFREIN:
Die blydskap van verlede
is hul slagoffer vir vrede
En jou naam bly steeds gefluister op die wind
Ja, jou naam hoor ons gefluister op die wind
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


