Ongetiteld
Vat dit rustig pa se klein pop
moet nie soos ek word en vroeg begin dop
Die lewe deurgaan met hoop en verlange
my sorge verdrink en myself bevredig aan my drange
Doen wat jou hart begeer
Moenie toelaat dat enige iets of iemand jou keer
Dis jou lewe en joune alleen
solank jy weet ek’s daar om jou te ondersteun
ongeag of die son skyn of reën
Mense gaan praat, mense gaan lag
sonder om te weet wat op hul wag
Die wiel draai sonder om ? draai te loop
baie het al hul siel vir geld verkoop
Met ? korttermyn-visie is jou kanse
om ver te kom maar min
Jou lewenspad is in jou eie hande
dit maak sin
REFREIN:
Aan die einde van die dag is oorwinning al waarna ek smag
die geld, die meisies en die duur brandewyn
daar’s ? fyn lyn tussen hartseer en pyn
Werk vir belasting, werk vir krag
werk vir water en kry niks uit vir die dag
Ons is almal in die middelklas
lyk spoggerig met ? pak en das,
Maar al wat dit maar eintlik sê
is dat ons nog diep in die skuldboekies lê
Ma en pa moet maar vir ons uithelp
al wat hulle by ons hoor is geld, geld, geld
en pa speel net die held
REFREIN


