"Geen perke" deur Carina van der Merwe

  • 0

Geen perke

Geen perke is die twee woorde wat my elke dag dryf
Geen perke is wat ek het en daarom sal ek skryf

Ek staar in spieël vanaand
en ek sien ? wenner daar staan
Weet nie waar my lewe heen gaan
Verwissel elke dag van baan

Ek kan alles doen
Ek kan alles doen

Geen perke is die twee woorde wat my elke dag dryf
Geen perke is wat ek het en daarom sal ek skryf

Moenie dat iemand jou drome vir jou keer
Hou mense om jou wat jou motiveer
Dan sal jy alles kan bereik en jou vlerke wawyd uitsprei

Niks kan my keer
Julle kan kom probeer

Jy moet net glo in jouself
Dieper in jou siel in delf
Weet wat jy van die lewe wil hê
voor jy jou tyd daar in belê

Jy kan alles doen (x3)

Geen perke is die twee woorde wat my elke dag dryf
Geen perke is wat ek het en daarom sal ek skryf

Moenie dat iemand jou drome vir jou keer
Hou mense om jou wat jou motiveer
Dan sal jy alles kan bereik en jou vlerke wawyd uitsprei

Niks kan my keer
Julle kan kom probeer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top