"Gee my net ’n kans" deur Venessa Atson

  • 0

Gee my net ’n kans

Verstaan jy wat ek bedoel
Weet jy wat ek soek
Ek wil jou beter leer ken
Maar jy’s so toe soos ’n boek

Ek dink die heeldag net aan jou
Ek weet nie meer wat om te doen
Saans droom ek net van
Hoe ek jou lekker gaan soen

Koor

As jy my net ’n kans wil gee
Sal jy sien wie ek regtig is
Gee my net ’n kans ou girl
Anders gaan jy ’n great ou mis

Daai ou van jou verstaan jou nie
Hy los jou so baie alleen
Jy het baie drome en wense
En ek wil dit ondersteun

As jy so ver van my is
Lyk my wêreldjie maar vaal
Ek haat dit as jy so
Met my gevoelens in die rondte dwaal

Koor (x2)
As jy my net ’n kans wil gee
Sal jy sien wie ek regtig is
Gee my net ’n kans ou girl
Anders gaan jy ’n great ou mis

Brug

My lewe sal moet aangaan
Ek sal nie vir ewig kan wag
So dink goed na oor wat ek sê
Maak jou mind op voor die einde van die dag

Koor

As jy my net ’n kans wil gee
Sal jy sien wie ek regtig is
Gee my net ’n kans ou girl
Anders gaan jy ’n great ou mis

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top