Gedig: "Aandster"

  • 0

Foto: wikipedia

 

vir Leandro

 

My Seun,

in die testament van my tyd

bemaak ek aan jou

                                    'n ster

                                               :Hesperos:

snags kom kuier sy

eerste

koester haar, my kind

laat jou sielsdenke

haar glans verkwik;

jou hartsgedagtes

haar wese verruim

sy is jou skepper,

uit haar stof, het die heelal

jou laat uitplof

versaak idees;

versaak leiers;

versaak tydsgees;

hou net haar in jou greep,

sagkens,

ons Al-moeder,

en laat sy nooit in jou hande

uit-

sterf.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top