Gedagtes van die see
Ek mis die reën
Die onstuimige see
Windverwaaide palmbome
Hier sit ek nou alleen.
Wit sand onder my kaal voete.
Die strand lê ver
Gedraai om die kus
My hart lê aan skerwe
Ek mis jou kus.
Refrein
Jou liefde vir my
Is soos die diep blou see
Vol geheime wat ek nooit sal ken.
Seemeeue skreeu!
Die wind lawaai
My deurmekaar hare
Speel met my gedagtes
My vermoë om te onthou
Jou glimlaggesig
Weggekwyn in die mis
Oor die diep blou see.
Refrein
Jou liefde vir my
Is soos die diep blou see
Vol geheime wat ek nooit sal ken.
Die herinnering aan jou oë
En die stap langs die see
Lê nou ver herinneringe
Langs ? kil groen see.
Refrein
Jou liefde vir my
Is soos die diep blou see
Vol geheime wat ek nooit sal ken.
![]() |



