"Gedagtes op die wolke" deur Lisa Spangenberg

  • 0

Gedagtes op die wolke

Reuke en klanke vat my terug
ek onthou die beste tye van my lewe
elke opskrif en berig.

Gedagtes op die wolke kom en gaan verby
Dis tye wat ek mis, maar daar wag altyd nuwe
avonture vir my

daar is musiek wat my laat verlang
musiek wat my laat lag, musiek
maak nuwe herinneringe elke nuwe dag

dis eg hoe ek my gedagtes aan mense en dinge heg
daar is nie tyd om terug te draai nie, jou besluite
is al klaar gemaak

gedagtes op die wolke. Jou pad is klaar bepaal
dis hoe jy besluit om daar uit te kom wat jou geluk
herhaal. Kom saam met my op nuwe avonture
elke deur wat oopgaan het iets wat vir ons wag

positiewe denke
lewensgeskenke
jy bepaal hoe jy jou
geluk sal herhaal


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top