Gedagtes in ’n ander land
Vers 1
Die gras is nie altyd groener aan die ander kant
Ons almal het ons drome waarvoor ons ’n prys betaal
Die roete van die lewe maak nie altyd sin
Van bo is alles blink, maar onder is dit stink
Refrein
So sit ek met my hande oor my oë
Alleen met my gedagtes in ’n ander land
En ek mis my land se mense, my huis, my eie taal
Die gras is nie altyd groener aan die ander kant
Vers 2
Ek dink aan al my mense wat my ken vir wie ek is
My mooi, my nice, my trots wees, maar ook my laagste skandes
Want vanaand besef ek weer van voor, besef ek weer van voor
Jy weet nie wat jy het nie, tot jy dit verloor
(Refrein)
Brug
Ek werk hard vir my ponde
Om ’n lewe te kan maak
Ek struikel deur die dae en
Ek voel my siel is dood
Maar deep down weer besef ek
Dat geld geluk nie kan koop. (Refrein x2)
![]() |



