Vers 1:
Op my hurke bid ek vir eendag
Ek kyk af want die son is skerp
En kerf diep slote in my oë
Ek verlang jou dan tog so
Vers 2:
Ons was goed en slim en mooi
Het alles reg gedoen…volgens die boek
My lewe le soos blare teen die sypaadjie
Voel of niemand dit raak sien nie
Refrein:
Ek skree … Ek skree jou naam uit my borskas uit
Ek skree ... My longe kan nie meer dit in hou nie
Ek wil breek, myself versteek en nooit ooit weer
So voel oor iemand nie …
Vers 3:
Sy stap verby. Vee my blare op en gee dit terug vir my
Ek voel ’n hartklop in my siel
Hoe kan iets nog steeds lewe … so verniel ... so verniel
Sy maak my weer net heel
Refrein:
Ek skree … Ek skree jou naam uit my borskas uit
Ek skree ... My longe kan nie meer dit in hou nie
Ek wil breek, myself versteek en nooit ooit weer
So voel oor iemand nie
Vir lief wees is ek moeg
Vir lief wees is ek sat
Dink dit is tyd dat ons gaan
Terug na wat ons was
Refrein:
Ek skree … Ek skree jou naam uit my borskas uit
Ek skree ... My longe kan nie meer dit in hou nie
Ek wil breek, myself versteek en nooit ooit weer
So voel oor iemand nie …

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.