"Gebroke hart, loop ek 'n ander pad" deur Marissa Roos

  • 0

Gebroke hart, loop ek 'n ander pad

Ek sien jou staan saam met haar, ek dink dis tyd om te gaan
Want die seer sal jy nie verstaan, is jy nog lief vir my?
Hoe kon jy so vinnig iemand anders kry?
Was dit alles net een groot leuen?
Dis die pyn van my hart wat my laat kreun

Dit was die tyd van my lewe saam met jou
maar nou het dit alles net verkeerd omvou
Ek kan onthou hoe jy my maak lag elke dag
maar nou is dit verby, my hart het gegly

Op soek na my gebroke hart, vind ek nie meer die pad
Sien j my nog raak of is dit nou te laat?
As jy ooit gewonder het, ek is die meisie met die gebroke hart
Ek het ? knop in my keel , dis net jy wat my hart weer kan seël
Ons was saam, nou onthou ek net nog jou naam

Hierdie roos voel nog broos
Droom nog van jou, want jy het die kroon van my hart
Jy is nou weg en ek voel weer sleg
Ek hoop ons kan mekaar eendag vergewe
dan sal my hart weer hoop ons kan mekaar eendag vergewe
Dan sal my hart weer strewe

As ek op kyk na die maan, weet ek jy is die rede vir my traan
Soos ek hier lê, is dit verkeerd om jou steeds te wil hê?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top