Gebottelde woorde
Ek het ‘n droom gehad gisteraand
Ek dink jy was ook daar
Ek het ‘n brief in ‘n bottel geskryf
en by die rivier af laat vaar.
Ek kan nie onthou wat geskryf is
vir wie die brief bedoel is nie
maar ek het ‘n vraag gevra
Vrae sonder antwoorde
briewe in ‘n laaikas
briewe sonder beoordelaars
ou briewe in ‘n tas
Ek het ou papier met my gedagtes versier
As ek dit nou lees, kan ek dink aan
toe ek nog so gevoel het
Vrae sonder antwoorde
briewe in ‘n laaikas
briewe sonder beoordelaars
ou briewe in my tas
Maar almal skryf woorde op plekke neer
al maak dit nie sin nie, lees mens dit eendag weer
woorde het nie altyd ‘n begrip nodig vir my om sin te maak nie
kan nog steeds net nie die woorde van my brief in my droom
van gisteraand onthou nie.
![]() |



