Geboorte is 'n ongerief deur Johan Steyn

  • 0

Ek skryf hierdie kommentaar nie in die raamwerk van digteres of skryfster nie, maar as akademikus, vriendin en dus iemand wat die werk van Johan Steyn kon waardeer net soos dit is. Vir my hou sy werk glad nie verband met dié van Steve Hofmeyr nie.

Die gedigte in hierdie bundel raak 'n mens se binneste diep, bv "Kinderlike ongeloof" op bl14, "In Memoriam " op bl 16, "Psigiatrie" op bl44 en "Ons Tuis" (bl 63).

As jy Johan se storie geken het en begrip het vir die feit dat hy geen woord ooit net neergeskryf het sonder om daaroor diep te dink en na te lees nie - besef jy hier is 'n digter wat deur kontroversie en onbegrip deur die samelewing "oorgesien" is. Sy kennis en taalgebruik tot en met sy heengaan was imponerend en sal my altyd bybly.

Bertha le Roux

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top