Gatvol
Gatvol
G D C D G
Intro NJ Melody Line
Agter my lê die strate
Wat ek dag na dag deurkruis
Op soek na ’n verlossing
Uit die hier en die nou
Agter my lê die gedruis
Maar om my raak dit stil
Die onbekende dreig my
ek vat elke dag soos hy kom
Koor: C G D C D G7
Ek is gatvol vir die geraas
Ek is gatvol vir hoeters wat blaas
Ek soek die skemer se geluide
En ’n vuurtjie wat my warm hou tot laat in die nag
Ek is gatvol vir die gestry
En ek is gatvol gebaklei
Al kos dit my elke sent
Ek moet uit my tronk van staal en sement
Die melkweg wys my sy baan
Die swart aar ver na die stad
My hart klop in my keel
Ek voel bevryding, ek is weer heel
Rondom my verander die landskap
Die horison sluk my in
Ek gee oor sonder twyfel
Ek vat elke dag soos hy kom
Refrein
Solo x2
Refrein
![]() |



