"Gatvol" deur Lizel Botma

  • 0

Gatvol

Ek is moeg, siek en sat
vir hoe die liefde speel met my hart
Kapoet! Heeltemal klaar
Vind dit moeilik om op te staan

REFREIN:
Voel jy dieselfde?
Doen jy nie?
Wat moet ek doen?
Wat moet ek nie?
Gatvol, dis wat ek is
Gatvol, om jou so te mis
Gatvol, vir al die baklei
Gatvol, gatvol verby

In my kar sal ek ry
en verbeel jy's langsaan my
In elke winkel, in elke hoek
is dit net jy vir wie ek soek

REFREIN

Ek soek iemand wat lekker lag
Vriendskap, respek en 'n hartjie sag
Verbeelding wat raas, kreatief
Bietjie hardkoppig en het Jesus lief

Het ek te veel gevra?
Is jy daar buite?
Iewers daar?
Gatvol, dis wat ek is
Gatvol, om jou so te mis
Gatvol, vir al die baklei
Gatvol, gatvol verby

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top