"Gastehuis-koffie se moses" deur Reghardt Kotzé

  • 0

Gastehuis-koffie se moses

Gefire van jou job
In die hart van hierdie
kleurlose reënboog land
Omdat die tye kamma verander het

Die president het sy gat
dubbel en dwars
Sommer ook diagonaal
met sy gesig verras

En op jou soektog
na bome met geld
Ry jy oppie freeway na
? huis in ? afgeleë veld

Vir die aand soek jy plek
om vir ? paar uur te vrek
Stop jy by die Blikkantien
dadelik is jy gesien

Koffie in die bed
Jy vat die grootste sluk
“Gastehuis-koffie”

Darem is jou geliefde
langs jou in jou arms
Met oë wat net se
Ek is lief vir jou my skat

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top