Garry Wills: Why Priests?

  • 0

Hello, 

Dit is hierdie opmerking van George, 'ek voel sterk daaroor dat dit verkeerd is van die Katolieke Kerk om monnike en nonne te dwing om lewenslank selibaat te lewe', wat my aan die volgende laat dink het. Die nuwe boek van Garry Wills, Why Priests? A Failed Tradition. Soos verwag kan word het die boek redelik oproer veroorsaak in sekere kringe maar kan dit in die algemeen aanvaar dat die storm is verby. Priesters sal nie gou afgeskaf word nie net soos hulle ook selibaat sal bly, sekerlik tot en met die eindtyd. Die Roomse Kerk, sekerlik soos alle kerke maar, doen moeilik afstand van hulle tradisies soos sekerlik verwag kan word en so ook huiskerke wat dit opmaak soos hulle gaan. 

Die argumente van die boek is soos volg indien korrek verstaan. Die kern vraag is sekerlik duidelik, hoekom is daar priesters en hoe het dit gebeur dat die vroeë Christendom wat volgens Wills se argumente funksioneer het sonder priesters ontwikkel het oor tyd in 'n tradisie waarin die rol van priesters 'n sentrale plek in die kerk begin inneem het en onontbeerlik geraak het oor tyd. Wills dui dat daar is net 'n enkele boek in die Nuwe Testament, naamlik die Brief aan die Hebreërs wat slegs Jesus as 'n priester sien. Die Rooms-Katolieke Kerk slaan egter 'n totale ander rigting in en volhard met presies die teenoorgestelde posisie. 

Wills dui aan dat nie net was Jesus nie 'n lid van die priesterlike orde nie en dat dit radikaal verkeerd is om te argumenteer dat enige van Jesus se apostels hulle self gesien het in priesterlike terme, hetsy deur Jesus of die apostels self. 'n Ingeligte leser kan dalk vir my die betekenis van apostel verklaar? 

Hoe het dit dan gebeur dat priesters so 'n belangrike rol begin aanneem het en will Wills weet hoekom die Vatikaan voortgaan om sulke leuens te onderhou? 

Om te verseker dat daar nie iets in die vertaling verlore gaan nie word die volgende vir die leser aangehaal: 

The thesis for the ascendancy of the priest is that it originated in the Eucharistic celebration: the transformation of the bread and wine into the body and blood of Jesus of Nazareth. The Eucharist as a miracle of transformation is officially a sixteenth-century invention. In the early Christian movement, from about 35 to 200, there were no consecrations of bread and wine, nor did anyone imagine the meal as a sacrifice—“the sacrifice of the Mass,” as Catholics still call it. Nor did Jesus intend—as the entire Catholic historical tradition since the Middle Ages has ludicrously tried to argue—that Jesus instituted the Catholic Eucharist at the Last 
Supper.

Hierdie argument van Wills word verder uitgebrei deur die bronne waarop hy steun, naamlik, die Didach?, of dan “The Teaching of the Twelve Apostles”. 

In hierdie dokument word die volgende ontdekking gemaak. 

It gives a clear window into second-century Christian ritual practices, especially the communal Eucharistic meal. The most striking thing about the document is that it lacks the so-called “words of institution” found in each of the first three gospels that frame Jesus’ “last supper” as a memorial and sacrificial meal—and are thus often interpreted as providing one of the foundations for the Eucharist as sacrifice and the analysis of the Greek Didach? proves that Christians in the second-century eastern Mediterranean did not imagine their thanksgiving meal in the evangelists’ terms, even roughly a century after the gospel writers composed their account of Jesus’ last supper. So the Eucharist has not always been imagined in sacrificial terms.

Hierdie bring Wills volgens kommentaar op sy werk by die volgende punt uit: 

Aangesien die status en gesag van priesters gebaseer is op die argument dat Jesus die nagmaal ingestel het as 'n offer maaltyd en dat die priesters, na aanleiding van Jesus se leringe en voorbeeld die priesters nou die gesag is wat Jesus se liggaam en bloed as 'n offer aan God namens hul gemeentelede bied. Aangesien die Christelike Eucharistiese viering nie bedoel was as 'n offer wat deur die priester bedien word, word die vraag word dan, waarom het die Katolieke Kerk hoegenaamd priesters nodig?

Die Reformasie het sekerlik die vraag geantwoord en direk die skakel tussen God en mens daargestel in daardie lig is Wills se argumente sekerlik nie so skokkend nie. 

Die oplossing waarmee Wills vorendag kom en sekerlik die mees direkte aansluit by George se vraag oor hoekom moet priesters selibaat bly is die volgende: 

Rather than arguing for the ordination of women priests, or married priests, or openly gay priests, the most logical and historically honest response would be to imagine Catholicism without priests. A priestless Catholicism would more truly mirror early Christian practice than modern Catholicism. Much of [the] condemnatory, accusatory, persecuting impulse of popes through the ages came from the jealousy of prerogative [and] the pride in exclusivity of the priesthood. Set apart from all other human beings by their “unique power to change bread and wine into the body and blood of Jesus Christ,” the priesthood has thus kept Catholics at a remove from other Christians and from the Jesus of the gospels. 

Daarom dan weer. 

Hoekom priesters? 

En as 'n uitbreiding van daardie vraag, hoekom selibaat, hoekom hoegenaamd?

Het Luther nie uiteindelik afgehaak met Katharina von Bora nie en so die weg gebaan?  

Hierdie word aan die leser gelaat om te oordeel en is slegs gedeel met die lesers hier waarvan ek bewus is weens die publikasies waarop ek ingeskryf is en dit wat in my podcasts argiewe is. 

Hierdie bring my ook by wat te vinde is in my argiewe en dit wat maklik toeganklik is vir die leser en luisteraar buite my argief. In hierdie verband dan 'n gesprek tussen Michael Krasny van KQED - San Francisco, met Garry Wills en kan hier gevind word. 

Daar kan ook geluister word na The Brian Lehrer Show - WNYC (New York) en kan hier gevind word. 

So ook die onderhoud met Garry Wills deur Charlie Rose en kan hier gevind word. 

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top