Op die FW de Klerk Stigting se webwerf, is tientalle van FW se onlangse toesprake oor die afgelope paar jaar gelys.
In nie een van hulle verklaar hy die tuislandbeleid of etniese taalstate as inherent boos of kwaadwillig nie. Nie in Europa nie, ook nie in Suid-Afrika nie.
In sy onlangse onderhoud met Christianne Amanpour van CNN, het hy 2 praktiese en 1 politieke rede genoem waarom die vorige staatsbedeling ten einde gekom het.
Hierdie 3 probleme kan egter almal teen baie lae koste in ’n kuberstaat oorkom word.
Die tweede Afrikanerstaat sal dus noodgedwonge ’n kuberstaat wees. (Die Franse trek al by hulle vyfde Republiek.)
Die suksessleutel tot die komende Kuberstaat is Jaap Kelder se groeiende Belastingbetalerverenigings.
Danksy die laaste President van die eerste Afrikanerstaat in die 20ste eeu, het die morele grond vir ’n tweede Staat in die 21ste eeu behoue gebly.
Vandaar Pierre de Vos se religieuse reaksie op FW de Klerk se gesagvolle stellings. Piet Croucamp het Pierre geprys, en wat FW betref, sommer die man pleks van die bal bygekom.
Nietemin, die laaste President van die eerste Afrikanerstaat sal by sy stellings bly staan totdat hy heengaan.
Ran Doodt


Kommentaar
Beste Ran
Jaco
1. Ek hoor wat jy se rakende FW. Hoe waar ookal, was sy opmerkings aan die verkeerde teikenmark gerig, ontydig, en 'n "error of sound judgement", wat sy vorige goeie beeld met hulle nou ook skade berokken het. Onder Afrikaners was hy sedert 1994 in elk geval nie juis meer gewild nie. Ek dink hy het homself nou vir goed in die politieke wildernis ingeplaas. Ek stem heelhartig saam met jou sentiment rakende die opportunis Pierre de Vos.
2. Jaap Kelder het nog nie die Afrikaner se verbeelding aangegryp nie. Lees amper niks meer van hom in die nuus nie (out of sight, out of mind). Sy belastingbetalingvereenigings is nie suiwer Afrikaner ingesteld nie, maar werk wel goed ten gunste van belastingbetalers wat ander as net Afrikaners insluit. AfriForum, ten spyte van onlangse blapse, bly die enigste Afrikaner-drukgroep wat wel Afrikanerverbeelding tans aangryp.
3. Elke "republiek" van die Franse, nou hul vyfe, het tot stand gekom weens vooraf massa-aksie van hulle burgery. Ek gewaar nie soortgelyke entoesiadme onder Afrikaners nie.
Ek self het ook voorheen vir 'n kuber / virtuele Afrikanerstaat voorgestaan, maar met die verloop van tyd, blyk die kanse, soos ek dit daar uitsien, al hoe meer skrander as gevolg van Afrikaner se getoonde onbelangstelling in enige vorm van selfbeskikking. Op beste, maar net 'n taalgeorienteerde kultuurgroep in die breer samelewing van SA bly.
Jaco Fourie
Wanneer, o wanneer gaan dit aanvaar word dat die idee 'n slegte idee was en nog nooit haalbaar was nie. Aparte tuislande, die skepping van 10 state in 'n enkele staat, dalk genoem Suid-Afrika, maar sonder 'n werkbare natuurlike ontwikkeling wat die natuurlike bestaan van sulke state moontlik sou maak.
Beste Jaco en Wouter, Baie dankie vir julle reaksies.
Ongelukkig was dit in die reaksie-area, sodat die meeste mense dit dalk gemis het. Debatsblaaie stuur 'n outomatiese kennisgewing uit, sodat mens bewus is van reaksies en wanneer dit plaasvind. In hierdie geval het ek nie sodanige e-pos kennisgewings ontvang nie: is daar fout met my stellings of met die webwerf, Webvoet?
Omdat FW de Klerk as laaste President van die eerste Afrikanerstaat 'n baie belangrike persoon is, en sy stellings soveel onsteltenis veroorsaak onder die plaaslike ANC-alliansie in Suid-Afrika, voer ek die debat verder in die briewe-area, sodat ander lesers dit ook kan volg sou hulle wil.
Geliewe daarop te let dat om politieke opponente en vorige beleide te demoniseer, NADAT die mag reeds ten volle bekom is, slegs ten doel dien om te roof en alle legitieme weerstand en opposisie daarteen uit te wis, sowel as bestaansreg te ontse.
My gedagte is dat FW de Klerk bostaande besef, en weier om aan die demoniseringseis toe te gee. Laasgenoemde is seker. En dis wat tel: mnr De Klerk is as laaste President van die eerste Afrikanerstaat die lewende personifikasie van die vorige politieke bedeling.
Verder het De Klerk internasionale gesag danksy die Nobelprys en sy globale leierstigting. Wat FW de Klerk verklaar oor die vorige politieke bedeling, dra veel meer gesag as stellings daaroor deur byvoorbeeld Dan Roodt of Pierre de Vos. Daarom die plaaslike politieke druk op spesifiek mnr De Klerk om die verlede te demoniseer en as boos te verklaar. Dit help niks Pierre de Vos of Wouter Ferns doen dit nie. De Klerk weier egter om dit te doen. Ek glo mnr De Klerk gaan weier tot in sy dood, dit is vir alle praktiese politieke doeleindes vir ewig. Dus is daar politieke implikasies vir die toekoms van Suid-Afrika.
Betekenis vol was ook mnr De Klerk se verwysing na die tuislande as tradisionele gebiede en woonplekke van die onderskeie etniese groepe in die vorige staatsbedeling.. Sien bostaande in die lig van Kwa-Zulu Natal wat vir President Zuma eenparig ondersteun vir 'n tweede presidensiele ampstermyn - die grootste magsposisie in die hele land.
My punt is: die spesifieke provinsies van vandag, huisves die ou tradisionele en etniese magsbasisse, en dit is 'n politieke realiteit wat die Unie van Suid-Afrika bedreig, asook die DA-regering in die Kaap, wat deesdae as apartheids-apologete deur ANC-kaders gebrandmerk word. Voeg daarby die feit dat mnre Malema, Sexwale, Phosa en Mothlante toevallig almal prominente Pedis is, en dis geen wonder dat daar binne die ANC verwys word na stamgevegte nie!
Om te praat van burgeroorlog is taboe, maar binne die SAP, al die Geheime Dienste en Staatsekuriteitafdelings woel dit geweldig romdom verskillende politieke "stam"-faksies. Die stamme dan synde die grootste en die kleinste, tradisionele Zoeloes en Pedis. (Sommige groepe het in ieder geval reeds met 'n klasse-oorlog begin.)
Sou mnr Zuma in Bloemfontein uitgestem word, kan KwaZulu-Natal se provinsiale regering besluit dis 'n staatsgreep, en weier om saam met die nuwe nasionale regering te werk. Omtrent 70% van Suider-Afrika se uit- en invoere gaan deur Kwazulu-Natal hawens, spoorlyne en paaie. KwaZulu-Natal is 'n uiters strategies gelee provinsie, maar sonder myne. Die is baie in Limpopo by die Pedis.
Die Unie van Suid-Afrika sit van nature glad nie maklik om een vuur nie. Deur die logika en betekenis van die realiteite van die verlede en vorige politieke bedeling irrasioneel en emosioneel te demoniseer, pleks van rasioneel te analiseer, gaan lei tot groot verassings in die nabye toekoms. Dit kan selfs neig na 'n onstabiele staats-situasie, sodat mnr De Klerk erken die toekoms van die Unie van Suid-Afrika lyk nie meer noodwendig beter as die verlede nie. Trouens, die Unie self is dalk in gevaar. In die Kaap is 'n lae-intensiteit rasse-oorloggie besig om te ontwikkel?
Reageer gerus in die briewe area, dan sal ek dit sien.
Groete
Ran Doodt