FW de Klerk en die Afrikaner

  • 13

Heil die leser.

Ek doop my pen in trane.

In sy ode aan die ontslape Barones Margaret Thatcher, ook berug as die Ystervrou (mag Jesus Christus haar siel genadig wees), blyk die volgende definisie van 'n Afrikaner sekerlik die enigste sin wat FW de Klerk in sy loopbaan as professionele politikus kon vermag:

How would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history? Afrikaners felt just as strongly about this right as any other nation. They had twice defended it against Britain, the mightiest imperial power of the time. One must remember that the Anglo-Boer War was Britain’s largest war between the Napoleonic War and the First World War – involving the deployment of more than 400 000 imperial troops.

Onder hoofde "Why South Africans owes a huge debt to the Iron Lady", erken FW de Klerk ruiterlik dat hy die Afrikaner, per sy eie definisie hierbo, se onafhanklikheid aan die Ystervrou en Ingeland geabdikeer het.

Hy het inligting, selfs bokant sy eie kabinet met haar gedeel.

In teenstelling tot FW de Klerk se kruipery by die Ingelse, het President Paul Kruger die volgende op Dingaansdag 1880 aan die Britse Kommissaris in die Kaap, Sir Owsen Lanyon, gestuur:

"We declare before God, who knows the heart, and before the world: Any one speaking of us as rebels is a slanderer! The people of the South African Republic have never been subjects of Her Majesty, and never will be."

Wat sou Oom Paul geseg het as hy vandag FW de Klerk se liriese kruipery voor die Ingelse moes lees?
FW de Klerk se kwalifisering van 'n Afrikaner, staan egter: wittes wat terwille van selfbeskikking, dit twee keer teen die grootste moondheid in hul tyd - Brittanje - en teen 'n oormag van 400 000 troepe geveg het.

Die grootskaalse belastering en wanvoorstelling waarmee die Boere sedert die Groot Trek verduur het, sal nie in 'n honderdjaar uitgewis word nie. Die oorsprong daarvan toe die Ingelse magte die Kaap van Goeie Hoop beset het, en ongehinderd voortwoed in die ywer van slim leiers soos FW de Klerk.

Daar was wel 'n tyd toe die Afrikaner vriende, en bewondering in die wêreld geniet het.

Na die Ingelse invaller Jameson, op sy moer gekry het, het Duitsland se Keiser William die volgende kabelgram aan Oom Paul gestuur:

Received January 3d, 1896.

From Wilhelm I.R., Berlin.

To PRESIDENT KRUGER, Pretoria.

"I tender you my sincere congratulations that, without appealing to the help of friendly powers, you and your people have been successful in opposing with your own forces the armed bands that have broken into your country to disturb the peace, in restoring order, and in maintaining the independence of your country against attacks from without.

WILHELM I. R."

Een van Oom Paul se kosbaarste erkennings.

Prins Otto von Bismarck het Paul Kruger as die grootste so gebore staatsman van alle tye beskryf!

Maar het hierdie aspirasies behoorlik neerslag gevind in die grondwet van die Nuwe Suid Afrika, veral as die ANC onder andere by monde van Gwede Mantashe selfbeskikking vir die Afrikaner as heeltemal onaanvaarbaar en buite die kwessie beskryf?

Die Afrikaner kan ook nie net lawaai oor vertrapte regte en gebrekkige selfbeskikking, en die meeste “lede” dan niks doen nie. Hoekom spot Afrikaners hul medegenote in Orania wie minstens die moed het om volgens artikel 235 van die grondwet wat juis vir selfbeskikking voorsiening maak, te laat realiseer?

Is daar iets wat FW kan doen om die outomatiese beskuldigings van verraad te stop wanneer hy kritiek op die huidige regering se doen en late uitspreek? Gaan hy veel vermag deur dit uiteindelik reguit te stel dat die huidige grondwet gebreke het? Gaan dit iets beteken deur te sê hy en sy kabinetskollegas is deur die onderhandelaars in die steek gelaat? Gaan dit ‘n verskil maak as hy die lug suiwer oor wat van die tweede beloofde referendum geword het?

Oud-president FW de Klerk, het immers die ou Suid Afrika via 'n sogenaamde vredesakkoord, sy berugte wigte en teen wigte, oorgegee. Sonder die afdwingbare invloed van hierdie akkoord, beteken dit egter dat die ANC die een of ander militêre oorwinning behaal het, en die ander kant skynbaar onvoorwaardelik oorgegee het.

Dit is gewis die indruk wat die ANC in hul sogenaamde demokrasie vandag skep!

Hoe anders?

Pik Botha en Roelf Meyer stem dan selfs ANC!

Veral na Marthinus (Kortbroek) van Schalkwyk die NP – toe die NNP – in die ANC self ingelei het om “jul (baie stil) stem te gaan wees” bly dit vandag ‘n ope vraag wie nou eintlik die “ander party” van die Vredesakkoord sou wees?

Ja, FW de Klerk en sy stigtings is al wat oor gebly het as die "verteenwoordigers" van die "ander kant" van die sogenaamde vredesakkoord destyds.

En vandag beskou FW die Afrikaner in skuld by die INGELSE - die onderdrukkers wat tot vandag nie verskoning gevra het vir die moord op weerlose Afrikanervroue en kinders nie...

Dit is hierdie gewaande oorwinning, en veral die wegkom daarmee, wat die indruk versterk dat die destydse regering se onderhandelaars soos hul gatte onderhandel het. Dis ook opmerklik hoe die Ystervrou die ANC eers as terroriste beskryf het, en toe saam in hul oorwinning gepronk het.

Wyl FW de Klerk via sy stigtings net loop en mond spoel, is daar darem Solidariteit en AfriForum wat hul eie steunbasis moes opbou en vandag namens die Afrikaner intree.

Waar die eerste leier van die Afrikaner, ons hooggeagte Paul Kruger 'n profeet was; Oom Paul se opvolgers geestelike leiers en predikante soos Doktor DF Malan; hulle vervang is met 'n toegewyde intellektueel Doktor Hendrik Verwoerd; wat toe weer opgevolg is deur 'n ry professionele politici soos PW Botha en FW de Klerk, is die hart van die Afrikaner vandag in die hande van troebadoere.

Die laaste Afrikanerleier, Sy Edele Doktor Andries Treurnicht, is danksy die korpokrasie en Ingelse propaganda, deur 'n gebreinspoelde volk misken wat tot vandag dink dis slim om vir Ingelse tannies en ander vreemdes by stemlokale kruisies te trek.

Afrikaner, as jy weer die geleentheid kry, stem met jou hart - steun jou eie leiers!

Liewe Sunette Bridges, geagte Steve Hofmeyer, die ganse Orania en elke ander Afrikanerleier buite die FW-stigtings, intellektualisme, demokrasie en nasionalisme - dankie vir jul toewyding aan die toekoms Afrikaner.

Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

 

 

  • 13

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Jammer dat ek jou so moes verloor Jaco, maar begin weer bo en dan lees jy weer stadig deur... ek moet egter erken dat die trane my hier en daar ingehaal het, en dat my sinne nie so volledig is as wat ek sou wou nie byvoorbeeld: "dankie vir jul toewyding aan die toekoms Afrikaner", moes lees "dankie vir jul toewyding aan die toekoms [ van die ] Afrikaner... ek hoop egter dat dit nie die rede vir jou gebrek aan begrip is nie Jaco... nietemin, vra gerus indien daar nog plekke is wat my sinnetjies uitgerafel het... dankie vir jou belangstelling, Cornelius (en o ja, die vetdruk is nie my keuse nie)

  • Hello Cornelius


    Jy is so regs soos kan kom. Is jy nie? 

    Maar bogenoemde is die duidelikste wat jy nog ooit jou standpunte formuleer het en dit waardeer ek.

    Baie dankie
    Wouter
     
  • Beste Cornelius

    Die rede hoekom ek geen punt in jou argument hierbo kan raaksien nie is omrede jy FW (eintlik was dit PW en nie FW) se optrede teenoor die Engelse onder die Thatcher era vergeleke met die van Paul Kruger se optrede teenoor die Engelse. 

    Altwee situasies, in die konteks soos jy dit hierbo uiteengesit het, is nie in die minste met mekaar vergelykbaar nie. 

    In die Paul Kruger voorbeeld het die Engelse die Afrikaner onafhanklikheid direk bedreig.  Onder FW het swartes, en nie die Engelse,  Afrikaner onafhanklikheid direk bedreig, met die Engelse Margaret Thatcher 'n bondgenoot, wat wal teen wereld-sanksies teenoor die Afrikanerregering gegooi het.

    "Although saying that she was in favour of "peaceful negotiations" to end apartheid,[154] Thatcher stood against the sanctions imposed on South Africa by the Commonwealth and the European Community.[1."  dan ook: "Thatcher, on the other hand, dismissed the African National Congress (ANC) in October 1987 as "a typical terrorist organisation".[157][158]. 

    Sonder Margaret, sou die Afrikanerregering vroer voor die druk van sanksies geswik het. Nou hoe kry jy die kluitjie by die oor beet in jou verweer hierbo maat, dat die Afrikaner in daardie tyd, sterker anti-Engels moes gestaan het ?  Selfs vandag kry ons nog steeds Afrikaners, wat idiotiese denke huldig dat die Engelse spook en foefie om elke hoek en draai van Afrikaner onheil raaksien moet word, en dat die Afrikaner eerder in aliansie met Zuma moet verkeer!

    Wat ek ook nie van jou kan verstaan nie, is dat jy 'n wereldwye broederskap onder die sambreel van God (Christus; Allah; Boedah; ens) wil bevorder, maar huldig terselfdetyd 'n eng uitgediende politieke siening wat ook deur die  Afrikaner-gekkegrensers gehuldig word, die einste klomp wat vanwee jou godsdienstige oortuigings suimier jou vanuit hul gemeenskap sal verwerp! 

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco

    Jy slaan gewis die spyker op die kop in jou laaste paragraaf: Wat ek ook nie van jou kan verstaan nie, is dat jy 'n wêreldwye broederskap onder die sambreel van God (Christus; Allah; Boeddha; ens) wil bevorder, maar huldig terselfdertyd 'n eng uitgediende politieke siening wat ook deur die Afrikaner-gekkegrensers gehuldig word, die einste klomp wat vanweë jou godsdienstige oortuigings suimier jou vanuit hul gemeenskap sal verwerp! 

    Jaco, dis beslis 'n enorme frustrasie in my lewe en ek is bly dat jy dit ook kon raaksien.  

    Ek is seker die enigste Boere-katoliek op aarde.

    Ek het egter groot geword om mense soos Oom Paul en Hans Dons de Lange, as helde te aan te leer. Ek het ook steeds 'n passie vir Voortrekkergeskiedenis en als wat daar op gevolg het. In 'n sekere opsig het ek dalk nooit grootgeword, en speel ek steeds Ingelse teen die Boere.

    In 'n ander opsig bepaal geskiedenis wel die toekoms en kan ek uit die geskiedenis sekere voorspellings maak.  

    Goeie analise van die geskiedenis is egter die geheim om wel goeie en toepaslike voorspellings te waag.

    Die huidige stand waar ek vandag as wit Afrikanerman, doelbewus deur die regering van die dag uit die ekonomie gesluit word, kon ek reeds in die tagtigerjare voorspel. Danksy daaraan, spring ek darem nog vandag rond om krummels te vang vir my oorlewing.

    Met kennis uit dokumentêre en geskiedkundige films soos Africa Addio, was vandag se plaasaanvalle en algemene geweld in ons land op ALLE burgers, toe ook maklik voorspelbaar.  

    My eintlike Afrika-ontnugtering het egter deur persoonlike ervaring uit operasies soos ops Dahlia en Protea in die vroeëre tagtigs in Angola gekom. Oorlog en anargie in Afrika, is veel wreder as wat enigeen in 'n boek kan lees, of op die TV kan kyk - en dit tref ALMAL, wit, swart en bruin!  

    Hoe verstaan 'n mens dit?

    Wel, dis seker logies om eers die maghebbers se doelwitte en veral aan hul geskiedenis te probeer verstaan.

    Jaco, jy tik ook: In die Paul Kruger voorbeeld het die Engelse die Afrikaner onafhanklikheid direk bedreig.  Onder FW het swartes, en nie die Engelse,  Afrikaner onafhanklikheid direk bedreig, met die Engelse Margaret Thatcher 'n bondgenoot, wat wal teen wêreld-sanksies teenoor die Afrikanerregering gegooi het.

    Sedert die Tweede wêreldoorlog , was daar wel miskien die kommunistiese gevaar (ek laat dit maar vir elkeen se eie verbeelding).

    Dis ook in hierdie era wat die Ystervrou, die ANC as terroriste gebrandmerk het. Direk na die val van die Berlynse muur, het sy egter saam met die ANC in hul nuutgevonde demokrasie gepronk. Dis mos nie reg nie. Waar kry jy 'n beter voorbeeld vir mantel draai en hanskakies?

    Voor die demokrasie hier, het Brittanje egter nog altyd oral waar haar vlaggie in Afrika gestryk is,  haar burgers versaak. Sodra daar demokrasie gevier is, is haar kolonialiste telkens links en regs deur aanvallers soos die Mao - Mao, en in Uhuru gemoor.

    Selfs in Zimbabwe in die onlangse geskiedenis, het Brittanje min gedoen behalwe om vliegtuie beskikbaar te stel vir die Ingelse vlugtelinge.

    En dit maak die krisis vir die wittes hier aan Mzansi so dringend.

    Brittanje wat volgens FW de Klerk so 'n groot aandeel in ons demokrasie gehad het, kyk weereens net toe hoe die boere op plase gemoor word en ons kinders in ons dorpe en stede aangerand, vermink en verkrag word - soos nêrens elders in die wêreld nie!

    Selfs ons geliefde en hooggeagte Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, spreek sy misnoeë uit oor die geweld in ons land, en dit teenoor sy eie kamerade.  Wat 'n dapper en opregte hart!

    Dis nie meer net regse propaganda of gerugte nie - Uhuru is met ons.  

    Niemand gaan ons egter help nie.  

    Niks sal van FW de Klerk se "vredesooreenkoms", of sy "wigte en teen wigte" kom nie.  

    Dit blyk duidelik daar is geen plan B nie; behalwe om 'n vliegtuig of skippie te haal nie...  

    Erg natuurlik ook is die feit dat selfs nie eens die Protestante organisasies hier, Desmond Tutu se veroordeling van die geweld in ons land te steun nie.

    Die howe is gekaap; die polisie se moraal laag; die weermag geprivatiseer; die media dien hul meesters; die Afrikaner verdeeld; die res van die wêreld blind... wat kan die slegte toedrag verander?  

    Die punt is dat FW de Klerk die Afrikaner behoorlik definieer. Sy definisie sluit die Kaapses uit. Brittanje het nog nooit verskoning vir hul moord op weerlose Afrikaner kinders en vroue gevra nie. Hul bondgenootskap tydens sanksies was duidelik 'n klug, veral gelees teen hul oorywerige aanvaarding van die demokrasie, en hul versaking in ons nood hier vandag. 

    Uit viermiljoen wittes hier, is slegs 'n persentasie daarvan Afrikaners. Ek nooi jou om daardie getal self te bepaal. Reken daarin dat daar byna 'n miljoen wit Afrikaners vandag verarm en in plakkerskampe woon. Bedink self die persentasie wit Afrikaners wat hulpbehoewend by familie inwoon. Reken regstellende aksie en swart bemagtiging in WETGEWING, en gaan kyk hoeveel wit Afrikanerkinders nog behoorlike werk kry waar hulle 'n loopbaan kan bou.

    Dink daaraan dat daar net 15 000 boere oor is in die land, en dink dat daar reeds meer as vierduisend in hierdie professie sedert demokrasie vermoor is, en vele duisende meer vermink en getraumatiseer is.  

    Jaco, 'n mens hoef nie regs te wees om logies te dink nie.

    Die skrif is aan die muur, en hoe langer dit gaan neem om dit te erken - veral na odes soos FW de Klerk onlangs aan die ontslape Margaret Thatcher (met respek) - hoe vinniger kwyn die hoop vir ALMAL, behalwe vir die vet katte in Afrika.  

    Jaco, ek weet ek antwoord nie al jou vrae direk nie.

    Ek hoop egter dat jy my bedoeling sal ag.

    Ek nooi jou heelhartig om my nog te bevraag waar jy dink ek ontduik jou.  

    Dankie vir jou belangstelling.

    Boeregroete,
    Cornelius                      

  •  Beste Cornelius

    In Paul Kruger se dag was die Afrikaanse kerke wel die staatskerk, maar nieteenstaande, was godsdienstige verdraagsaamheid die orde aan die dag.  Paul Kruger het 'n intieme vriendskap met  bv. Jode,  (non-Christene) oa Sammy Marks ea. gehad, Katolieke offisiere in sy leer gehad, ens.  Hy was ook nie per se anti-Engels nie.  Hy het self heelwat Engelse vriende gehad, die twee wit leeus voor sy voordeur op sy stoep getuig dit. Die Kruger standbeeld in Kerkplein, deur Sammy Marks betaal en aan die destydse Boerevolk geskenk, getuig van absolute liefde en goeie verhoudings onderling. Paul Kruger het ook 'n goeie verhouding met van die swart opperhoofdes gehad.

    Vandag se gekkegrensers, wat die term "Boer" vir hulself gekaap het, is geensins 'n weerspieling van van 'n 19 eeuse Boer nie. Die prentjie wat die sogenaamde hedendaagse 'Boer' van homself skep, maak 'n karakatuur van die oorspronlike Boer, beide in politieke, sowel as in godsdienstige siening. Hulle noem hulleself Christene maar die rou on-Christelike haat vir anders-kleuriges, Engelse, en diegende wat nie hulle godsdiens deel nie, bedonder enige gesonde verstand wat hulle nog mag oorhê. Hulle word verafsku deur ordentlike mense, en ongelukkig in die proses kam sodanige mense onregverdig die 19de eeu se Boer ook onder dieselfde kam. So ek sien niks verkeerd met jou helde vereering van sekere Boere in die lig van jou godsdienstige oortuiginge nie, en na my beskeie mening, verdien hulle sodanige vereering.

    Die breer Afrikaner vandag is verdraagsaam teenoor enige godsdiens en non-godsdiens soos my eie ateisme en boonop gay.
     
    Mbt. Thatcher.  Sy was 'n politikus, wat in belang van haar eie land en volk gestry het, maar terselfde tyd persoonlike "prejudices" ook gehandhaaf, oa. wetgewing wat gekleurde immigrante van die Statebondlande na Britanje ingeperk het. Dis ook op rekord dat sy en PW besonders goed oor die weg gekom het.

    Die Engelse foefie. Dit is te betwyfel of daar enige noemenswaardige Engelse-kabinetsministers en besigheidsmanne is wat nie onder die indruk is dat Afrikaners nie swart mense is nie.  Afrikaners is geensins 'n bedreiging vir enige Engelse belange nie, so daardie gekkegrensers wat hulle verbeel dat die Afrikaner so "important" in die Engelse psige is, ten gevolge hulle propageer dat die Engelse agter elke Afrikaner onheil sit, skort na my mening veel tussen die ore.

    Jy as Katolieke-Afrikaner het die volste reg om tuis onder jou eie volksgenote te voel. Ek verseker jou ek (gay en ateis) voel volkome tuis onder my mense die Afrikaner, wat my aanvaar soos wat ek is, orals waar ek rondbeweeg, en ek is daagliks aan die beweeg onder hulle.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco

    Baie dankie vir jou betekenisvolle kommentaar.

    Ek het geheel ooreenstemming met jou daarin.

    Ek het ook reeds in menige bydrae hier daarop gewys, dat die Nasionale Party Afrikaners se anderhaat, die term Afrikaner en Boer gekaap het.

    Apartheid is nie deur die Afrikaner/Boere, daar gestel nie.  

    Selfs die omstrede wet vir grondbesit van 1913 wat vandag met groot propaganda vir volgende jaar se verkiesing deur die ANC gebuit word, is deur die Britte se Jameson en eers na Unie wording, in Anglo en Amerikaanse belang op die boek geplaas.

    In teenstelling tot Apartheid en gemengde huwelike, het ek self menigmaal Hans Dons de Lange, die president van die Republiek van Lydenburg se passiemoord op Dingaan se lyfwag wat glo met Hans se minnares, Dingaan se dogter, gelol het hier gedeel. Hans Dons was ook die eerste witman wat toe in die destydse Republiek van Suid Afrika, gehang is.

    Oom Paul het in sy dipe geloof en naasteliefde, die Goudvelde vir elke hand wat wou grou, van Sjina tot Brittanje, oopgestel.

    Daar was wel verskillende skale vir uitlanders en burgers, maar selfs 'n Brit kon na enkele jare 'n burger word. Brittanje wou egter die Goudvelde besit. Die Ingelse Troon het lank gekrap voor hulle genoegsmae diplomatiese insident kon skep om die Boere aan te val!

    Hul eerste oorwinning oor hierdie onbenullige volkie (in hul oë, soos jy dit met reg stel), was met die massamoorde op die Boere se weerlose vroue en kinders.

    Die skande van Vereniging, was hul enigste oorlewing.

    Sy edele doktor Andries Treurnicht se weiering om aan FW de Klerk se "onderhandelinge" deel te neem, het dit baie duidelik gestel dat hy nie aan nog 'n Vereniging gaan deel nie. Sanksies en sport boikotte, het nie vergelyk met die prys wat die regte Boere in die Tweede Vryheidsoorlog betaal het nie. Waar is Zola Budd en die Springbokke vandag in ieder geval vandag?

    In die sestigerjare was Suid Afrika een van die rykste lande ter wêreld!

    Anders as vandag, het elke Ingelse kabinetsminister in Brittanje, toe van hierdie volkie geweet.

    Eers is daar oorlog daarvoor gemaak; daarna is goud as betaalmiddel afgeskaf; en daarna is alles met gedrukte papier met inflasie as verskoning, opgekoop.

    Vandag is die Afrikaner nie net polities bankrot na FW de Klerk se "vredesooreenkoms" nie, Mzansi se goud en ander rykdom is ook veilig in Anglo en Amerikaanse kluise.

    Waarom sal enigeen in die wêreld vandag nog omgee oor die lot van hierdie wit bankrot Afrikaners?  

    Hierdie vraag het ek ook al verskeie maal hier gevra; het die wit Afrikaner nog invloed of vriende in die wêreld vandag?

    Jaco, almal om my in die regte lewe ken my en weet wie ek is. Ek is dankbaar vir my Godgegewe identiteit, en ek leef dit totdat God my elders lei. Daar is egter nog baie wat gepraat moet word voor ek my finale besluit maak.

    Boeregroete,
    Cornelius

  • Hello


    Hierdie is 'n donker gesprek en waaraan ek geen ondersteuning kan bied nie en alhoewel dit uiteindelik moontlik is om jou duidelik te sien Cornelius is dit onaanvaarbaar wat jy vergestalt.

    Daar is geen manier wat bogenoemde positief aangebied kan word nie en is ek jammer om Duitswester in akkoord te sien en dat Jaco hopeloos te sag met jou is in hierdie brief.

    Baie dankie
    Wouter


  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Dis ongelukkig ook waar dat diegene wat jou gesindheid huldig, hulself vergryp het en meer as twintigduisend weerlose vroue en kinders hier aan Mzansi in konsentrasiekampe vermoor het.

    Die geskiedenis is tog onbetwisbaar en duidelik hieroor.

    Wyl die Afrikaner deur hul Protestante organisasies oral verskoning pleit vir hul hanskakie-apartheid, die Ingelse troon tot op hede geen behoorlike regverdiging, of verskoning vir hul volksmoord op weerlose vroue en kinders gebied het nie.

    Pragmaties beskou beteken die vredesooreenkoms tussen die Boere en die Ingelse in Vereniging, nes FW de Klerk se vredesooreenkoms met die ANC, oorgawe deur die Afrikaner.

    Is dit dalk hoekom die Ingelse meen hulle as oorwinnaars geen morele verantwoordelikheid vir hul oorlogsmisdade het nie?

    Wat sou gebeur het as die Britte, nes die Afrikaners na hul "vredesooreenkoms", voor 'n waarheid en versoenings kommissie moes verskyn?

    Jaco is reg om te meen dat min, indien enige Brit, hoegenaamd benul het wie die Boere was, of wie 'n Afrikaner vandag is.

    Oudpresident FW de Klerk het egter in sy lof aan Margaret Thatcher, weereens die Afrikaner behoorlik gedefinieer.

    Ook interessant dat jy in jou gesindheid selfs Emeritus - aartsbiskop Desmond Tutu se besorgdheid oor die geweld in die land, dit selfs erger as gedurende Apartheid is, minag.

    Wouter, ek verwag ook niks anders van 'n gebreinspoelde slimjannie soos jy nie.

    Nie te danke.

    Boeregroete,
    Cornelius
     

  • Hello Cornelius, 


    Daar is geen gronde waarop jou stelling van hierdie regse denke kan staan nie. Wat sou redes wees om mense uit te sluit? Hoe sal so 'n houding verdedig word. Jy poog om dit te verdedig duer na 'n oorlog van meer as 'n 100 jaar gelede te verwys asook die bosoorlog en hoe die jou denke gevorm het. 

    Is jou medeburgers terroriste? 

    Wie se lot betreur jy wanneer jy aangaan hier oor die geweld? 

    En dan Jaco se vraag, universieel die wil jy wees, behalwe vir en dan is daar 'n lys van mense wat uitgesluit word. 

    Hierdie is 'n sielewroeging wat nie oortuig nie. 

    Dit is uitgediende idees  en vul dit my met weersin om daaroor in gesprek te wees. 

    Alles wat hierdie land beduiwel het kan in hierdie siklus gevind word. 

    Baie dankie

    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Die regse lapel waarmee jy my so graag wil onderdruk, is geyk.

    Jy is duidelik besig om in jou gebreinspoelde slimmigheid te versuip.

    My identiteit as Afrikaner, nes elke ander op aarde se identiteit, is Godgegewe.

    Wyl jy so graag almal se identiteit in 'n reënboognasie-hutspot stook, jy te slim is om mense se harte eens in diens aan ons Skepper te respekteer.

    Ek is eerder 'n helder kleur in God se reënboog, eens met al my broers en susters in diens aan ons Skepper, as om myself gebuit in jou demokrasie reënboog te sien blyk.

    Ek is baie hartseer en diep besorg oor die lot van my mede Afrikaners; almal met wie ek my Godgegewe identiteit deel.

    Ek dien God; ook met my identiteit as Afrikaner.

    Die Afrikaner, is nie skuldig aan die beswaddering deur jou hatige korpokrasie nie.

    Gaan lek maar die voete van jou Ingelse media.

    Nie te danke,

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top