"Frons" deur Daniella Deysel

  • 3

Frons

Ek’t drie busse dopgehou op
? ander pad in jou truspieëltjie
Die oorblywende son
laat lyk hul soos
skadupoppe op die horison
En dit lyk soos gister

Die Vrystaat staan kaal onder
die grynsende sekelmaan
En die pad verdwyn ver voor ons
onder ? ander man se stof
En dit lyk soos gister

Iewers langs ? pad sal daar
altyd
? Plaashek ysterend toe staan
met sy twee vertakte wagte

Krag het sy web gespin net bo
ons koppe
So sal ons weet van huis tot huis
Onderdeur kabel kan ons ry
En die lyne oor jou gesig
sal skadu spin en vertak
tot agter jou rug

En jy lyk soos gister

  • 3

Kommentaar

  • Samantha van Zyl

    Ek lief jou werk, Daniella. Jy werk nou saam met een van my gunstelingkunstenaars, Chris Chameleon. Dis lieflik om jou werk te lees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top