Afrikaanses’t noggie frokkelingvrees erg ervaar,
paranoïfobia vir als wat verandering kan bring,
veel erger as De Klerk se “wat-as?”-nagmerries,
Mandela se stryd, vir staakvuur, vir versoening
waar Mens nou nog niks sien staan, observeer,
kom stuipe oor pype, paaie, tenke, bore, store,
al is omgewingsimpakassessering so topgeheim,
onontbloot, verdoesel, in lêer dertien weggebêre,
skaliegasplan deur bevoordeeldes goedgekeur,
m’t Klein-, Groot-Karoërs se protes min gesteur
anti-frokkelingsrimpels, noggie wyd ytgekring,
t’min vannie meerderheid, onner veldtogbanier,
t’veel sonner werk, oningelig, half-geletterd,
t’veel “Duiwelspiek”-dissipels aan albei kante,
springbok-, volstruis-, skaaptelers, werkers,
onkund’-ontkenningskunde gekonsolideer,
post-apartheidsongeregtigheid geïgnoreer
Karoo, nu, hul heel laaste hoop, eg yl bevolk,
nie so naby aan beskawing soos kernreaktor,
waar visse een-een bestraal, pens-bo dryf,
eis energie-opwekking lewe, hoe heilig ook,
inne sin van ontwikkeling, pro-vooruitgang
sonner omgewingsimpakstudie, assessering,
sonner besinning, sonner omni-waarneming,
opskerping van psigo-spiritueel-oriëntering,
gaan meerderheid, geslag na geslag, nog ly
sou meer Mens, meer mede-Mens, Naaste,
insluit, inkorporeer, Self-destruksie bestry,
vrees vir frokkeling nette neo-simptoom,
van Millennium Drie Krisis, nes Marikana,
konfusie, feite-weerhouding, spul leuens
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
Mens, selfsugtigheidstyd beslis verstreke,
uitdelf van Karoo-gas “fracking” onvanpas
Jacobus Faasen


Kommentaar
Jacobus, is 'sê nou' nie die regte uitdrukking vir 'wat as' nie? 'Wat as' klink so na die direkte vertaling van 'what if'.
Frokkeling (mooi woord) is maar net weer 'n mynaktiwiteit wat vir 'n wyle werk gaan verskaf maar uiteindelik is 'n klomp vreemdes se gatsakke vol geld gestop en die inwoners is weer sonder werk en sit boonop nou op 'n stuk verwoeste aarde.