Frans Williams ... lek jou lippe af

  • 0

Dis nou om al daai stront wat jy kwytraak, so bietjie skoon te maak. As jy iets van ’n saak weet, is ek heel bereid om dit te lees en met jou daaroor te praat, maar dit is maar ver en wyd uit mekaar en duidelik is jy lekker verveeld met jouself om dié twak oor Namibiese grondbesit kwyt te raak en rêrig te dink iemand sal jou ernstig opneem! Ons het ook nie hulp nodig van enigiemand, die minste van alles nog aangenaaide lappe van Sjina nie! As daar een ding is wat juis ons land ondergrawe, dan is dit die Sjinese invloed wat soos kakkerlakke in rioolpype versprei en indring orals waar jy hulle nie wil hê nie.

Jyself verstaan die hele grondkwessie nie so lekker nie. As jy die ding politiseer, dan vertel julle vir die gepeupel dat elke man ’n reg op ’n stuk grond van sy land het. Prakties werk dit egter nie so nie en het elke burger van sy land die reg om ’n stuk grond te KOOP om op te bly en te boer en was dit dwarsdeur die geskiedenis ook so. Die blanke boere het nie grond verniet gekry nie, hulle het dit gekoop en betaal. Die swart mense was onder die ou bedeling egter beperk om grond in sekere gebiede te kan koop oor die rassekwessie en die is reggestel na onafhanklikheid en is hier vele swart kommersiële boere wat sterk aangaan op plase wat hulle gekoop het. Die probleem kom egter wanneer gewone arm mense plaasgrond toegewys word om daarom te gaan boer en enige verstandige, kundige mens oor die landbou sal vir jou vertel dat vir enige mens, van enige kleur of geur, om vandag van die grond af te begin om grond te koop en dan te begin boer, ’n onbegonne taak is. Daarom al die toegekende plase met bestaanseenhede op want almal verval het tot eintlik stof in die hande van mense wat nie die kennis of die kapitaal het om te boer nie.

Wat jy duidelik nie weet nie en nooit gesê word nie, is dat geen blanke of kleurling of baster nog ooit kon eis dat ons “ons eie stukkie grond” wil hê van ons land nie. Of jy ’n erf wil hê om ’n huis op te bou, plot om op te gaan plotter of ’n plaas om te gaan boer op, jy moet maar jou geldjies uithaal en teen markpryse koop.

Namib

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top