Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.
In Nathan Trantraal se dialoog Franklin vertolk Cantona James en Veronique Jephtas die rolle. Melissa Myburgh was in die regisseurstoel.
Franklin
Die hele dialogue gebee oorie phone. Die setting kan ienage plek was wat die director kies.
Marco: Hello Mammie.
Jane: Issie Mammie nie, is ek. Ek bel van Mammie se phone af. Mammie het gesê ek moet jou lat wiet dat Franklin ooliede is. ’n Accident.
Marco: Wie’s Franklin? Is hy familie van ôs?
Jane: Hoekom sal hy nou familie wies? Onthou jy nie vi Franklin nie? Of is jy al wee aspris?
Marco: My mind soek nou letterlik vi Franklin soes Google. Ken jy dai auto-complete predictive options? Al wat ek kan sien is Franklin van Peanuts. En Benjamin Franklin. Anyway, is kak sad.
Jane: Onthou jy nou? Wiet jy nou van wie ek praat?
Marco: Nuu. Ek sê dan heeltyd vi jou ek wietie.
Jane: Nou vi wat sê jy is kak sad?
Marco: Ek assume is sad. Anneste hoekom sal jy die moeite maak om vi my te sê hy’s dood? Is jy sad? Jy klinkie sad ie. Jy klink annoyed. Hoekom is jy annoyed?
Jane: Issit ie vi jou sad as iemand doodgan nie?
Marco: It issie vi my sad as iemand doodgan wie ek nog nooit van gehoorit ie. Is random.
Jane: Nuu jy is nou net onnorag. Jy speel nou dom.
Marco: It is altyd vi my soe weird as mense behaviour attribute an my wat ek literally nooit doenie. Soes om dom te speel. Ek wiet virre feit ek het nog nooit in my hele liewe dom gespeel ie. Next gan jy se ek’s stil skelm. En ek steel mettie oeg. Some weird, mundane shit.
Jane: It issie norag om als soe diep te maakie. Ek vra maa net of jy wiet wie Franklin is.
Marco: En ek sê maa net ek wietie wie die cunt issie. Hoekom insist jy dat ek wiet? Wiet jy hoe weird ek sal moet wies om te pretend vi tien miniete ek wietie wie iemand issie
Jane: Kyk hiesô, ek het nou mettie beste intentions vi jou gebel. It issie norag vi jou om soe lelik met my te praatie. It is nou skoons vanne cunt.
Marco: Ek het mossie gesê jy’s ’n cunt ie. Ek het gesê Franklin isse cunt. Die type van cunt wat yt sy graf arguments kan cause.
Jane: Jy wietie ees wie Franklin issie.
Marco: Nou gloe jy my dat ekkie wiet wie Franklin issie. Naturally. Fucksake. Jy’s weird.
Jane: Nuu, jy’s weird. En jy hou bieter as ammel.
Marco: Omdat ekkie wiet wie Franklin issie?
Jane: Nuu, omdat ek soe sê. En omdat jy patronising is. Ammel isse cunt behalwe jy.
Marco: Waavan praat jy?
Automated message speel: “Your account is getting low. Please recharge your account soon.”
Jane: Ek praat van jou wattie omgie of iemand dood is wat jy geken et ie.
Marco: Sê my net wie Franklin is, asseblief, ek is actually nou desperate om te wiet. Franklin het nou my hele dag gespoil.
Jane: Wat jy mean is ek het jou dag gespoil. Maa is okay, ek sal jou nie wee bel ie. Franklin was …
Marco: Hallo?
Marco bel trug. Maa die phone sê net: “The number you have dialed is not available at present.”
***
Stemme is supported by the National Arts Council.
Stemme is ’n Nuwe Skryfwerk-projek van LitNet en word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust.
Al die monoloë is op hierdie blad beskikbaar: