Francois Williams se nonsens oor Nieu-Seeland en die Westerse beskawing

  • 0

Francois

Jy skryf nou al weer so ’n spul twak oor hoe sleg die Weste is en hoe wonderlik Suid-Afrika is, dat geen mens dit kan hou nie.

Jy is dalk effens reg om optimisties te wees oor Suid-Afrika. Ja, die land het baie potensiaal, veral omdat daar soveel Westerlinge in die land woon, wat vrek hard werk om die skip aan die dobber te hou. Tog is daar een groot probleem. Die misdaad en doodslag. Ek het jou al vertel dat my jong seun aangeval is. As jy ’n ouer was sou jy dit verstaan het. Dit is die grootste rede hoekom ons uitgewyk het na Nieu-Seeland. Dit is veilig hier. Uiters veilig. In Suid-Afrika staan mens nie juis ’n kans nie.

Dit is jammer, want Suid-Afrika het soveel minerale rykdom en die Afrikaners is so ’n kundige nasie wat soveel kan bydra. Ons is egter die laaste dekades weggejaag en al hoe meer kundige Afrikaners verlaat daardie land. Niemand gaan later meer oorbly nie!

Dink jy regtig dat die inboorlinge iets kan bereik sonder die bystand van die Westerling? As jy dit glo is jy mal.

Ek mis Suid-Afrika en die mense, maar ek kyk uit na my familie. Ek is nie bereid om kinders in daardie land groot te maak nie! Dinge kan maar sleg gaan met tye in Nieu-Seeland, maar ons gee nie om nie. Ons het genoeg geld vir kos en behuising en goeie werk. Ons kinders is in wêreldklas skole en ons het besonders goeie mediese sorg. Jy kry dit eenvoudig net nie in Suid-Afrika nie.

En hier is dit veilig. Hier is nie moordenaars en ander barbare in die strate nie.

So ek dink regtig jy moet jou kop laat lees as jy dink dit is beter in daardie land as in die beskawing!

Johan du Plooy

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top