Francois Williams en Swapo

  • 0

Ek kan nie besluit of jy die ding geskryf het om my siel uit te trek, of jy bloot net onnosel is nie? Is dit dalk van die heuel met Sjina en sy mal bevolkingsontploffing wat geen grense ken nie, dat jy jou perspektief verloor het? Whatever die politiek was in die ou verlede van ons land, die werk ten bate van die publiek is gedoen deur die administrasie tot voordeel van ALLE mense in die land. Die paaie is deur almal gebruik. Die spoorweg is deur almal gebruik. Die munisipaliteite het hulle werk gedoen. Die polisiemag was ’n trotse, dienslewerende eenheid. Ons het hospitale gehad, van die beste in Afrika weereens tot voordeel van alle mense in die land. Dis nou die deeltjie waarop elke belastingbetaler geregtig is ... en ook die wat nie genoeg verdien om belasting te kan betaal nie.

Dan kom ons by die groot debat van bevoordeling op persoonlike vlak. Oor grond. Ek ken nie ’n enkele persoon of boer wat gratis grond in SWA gekry het nie. Daar was wel staatsgrond wat uitgemeet was in plase en beskikbaar gestel is vir mense wat daar wil gaan boer (jy moet onthou dat ons land droog en onherbergsaam is) en kon dan die grond koop by die staat vir ’n markgerigte prys met die voordeel dat die koper teen ’n laer landbankrente die geld kan leen en eers begin terugbetaal oor so drie jaar om die boer ’n kans te gee om op sy voete te kom. Die plase was kaal stukke aarde met een boorgat op met dalk ’n handpomp op. Dit mag nou vir jou na ’n goeie deal klink, maar min het kans gesien daarvoor omdat om so ’n rowwe stuk aarde in ’n ekonomiese eenheid op te bou, het vir meeste mense baie jare gevat van uiterste swaarkry en armoede in die ergste graad. Later jare, toe dinge begin vorder, is juis onder die Odendaal-plan dieselfde gedoen vir swart mense, met die verskil dat die grond geskenk is.

Die hedendaagse Swapo-regering doen nie hulle werk waarvoor hulle verkies is nie. Daar is ’n algehele staat van “geen onderhoud” op staatseiendom. Die swart staatsdiens is seker drie keer so groot as wat dit voor onafhanklikheid was en die diens wat hulle lewer is swakker. Dit is wat pla. Nie die mense se kleur van vel of vir watter politieke party hulle stem nie. Ons bly in ons land en ons werk en skep werk en betaal ons belasting soos al die jare nog maar, maar ons kry definitief te doen met mense wat onder regstellende aksie in poste aangestel is waarvoor hulle nie die ondervinding het on dit korrek te doen nie.

Namib 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top